Die betekenis van die ander in jou lewe

Die mens is soekend, maar soek ons op die regte plek of op plekke? Uit my eie lewe weet ek verseker hoe ander mense op my pad geplaas is en wat die effek van die individu en ander was. Die vraag na alles is of ons God raaksien as die Een wat mense (enige mens) gebruik om vir my, vir jou by te staan, te help, te ondersteun, om as familie en gesin met ‘n gees van eengesindheid en samehorigheid op te tree? Maar sien ons ook raak dat dit na alles oor God se eer en verheerliking gaan – oor die aanbidding van God drie-Enig. Dit gaan nie oor ek nie, oor my eie belange of status nie.

Die mens is geskep as iemand wat graag wil behoort. As die fokus nie God is nie, dan gaan dit iets anders wees. Daar kan nie ‘n vakuum wees nie. Dis of God of nie God nie. As dit nie God is nie, dan kan dit heel moontlik verkeerde vriende of invloede of beskouings wees. Vir sulkes gaan dit oor aanvaarding ten alle koste. Hierdie ingesteldheid sny oor alle vlakke en samelewingsverbande. Kom ek fokus vir ‘n oomblik op die skool en alles wat daar gebeur en spesifiek wanneer dit kom by bestuurs- en leierskapontwikkeling. Uit my eie ervaring het ek oor tyd meer en meer besef dat ek aangestel is, deur God aangestel is. Al trek mense nie die lyn direk na God as die Beskikker en Voorsiener van alles wat ons het, is dit vir my ‘n feit dat die mens alleen kan wik, maar God beskik. As ons nie buite onsself en by God begin en na sy wil deur gebed vra nie, bly ons eintlik blind en net ingestel op ons eie sondige selfsugtige begeertes of behoeftes. Dink na oor die volgende enkele vrae of voorbeelde:

  • Hoe sterk is ons in ons vergaderings op God gefokus as die Een wat ons gesamentlik en individueel deur sy Gees moet laat lei?
  • Wat is ons beskouing van personeelontwikkeling? Is dit net nog ‘n geleentheid wat op die kalender afgemerk kan word, of benut ons dit as ‘n geleentheid waar ons mense volgens die beeld van Christus kan stuur en begelei, juis omdat ons onsself sien as beelddraers van Christus?
  • Ons hoor baie van die idee dat jy jouself moet laat geld, maar is dit op ‘n manier waar ander se bydraes en idees net summier afgemaak word as niksseggend of uitgedien, terwyl die leier of bestuurspanlid, of portefeuljehouer se entoesiasme gedemp word en hy/sy net verder terugsak in frustrasie en in ‘n gevoel van hopeloosheid?
  • Tog, doen jy wat gedemp voel, steeds die regte ding deur met inisiatief en aan die hand van die goue reël vir die lewe te volhard en te bestuur en so jou rentmeesterskap dinamies en onverskrokke te beoefen?
  • Word ek in my gesprekke as bestuurspanlid gelei deur die beginsels en riglyne uit God se Woord? Sien ons nog die lig in sy Lig?
  • Laastens: As mense aangestel moet word, wat is die kriteria wat vasgestel word en hoe lyk ons prioriteite, en wat is ons vertrekpunte? Is die vraag hieromtrent eerstens wat mense wil hê, of begin ons by die vraag: Wat wil God hê vir die skool en vir hulle wat daarin arbei?

Maar God bly in beheer en voer gesag oor alles en almal. Ons het die wonderlike troos dat dit wat mense tot nadeel (sonder dat hulle soms werklik daarvan bewus is) van ander beplan en doen, deur God tot voordeel van sy kinders omgebuig kan word en kan beskik deur sy vaste plan.

Ek sluit af en deel graag die volgende video om verder perspektief te gee aan die belangrikheid en plek van gebed in ons verhoudings en hoe ons na ander kyk of hulle moet beskou. Gebruik die tyd en geniet die video van dr Henry Cloud met sy spesifieke aanslag. Ek glo hierdie video kan sinvol en met die nodige onderskeidingsvermoë deur ‘n span benut word om weer opnuut perspektief te kry oor belangrike beginsels.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s