Die stryd teen disfunksionaliteit

Ek slaan my hand aan ‘n onderwerp wat ek reken baie nadenke verg en nie sommer maar net vinnig aangepak en binne ‘n ommesientjie afgehandel kan word nie.

Die woord disfunksionaliteit word deesdae in vele kontekste gebruik; trouens ek reken dit kan in alle kontekste of samelewingsverbande van toepassing gemaak word. Maar voordat ek in hierdie ondersoek verder beweeg, wil ek eers met die begrip “funksioneel” wegtrek, maar ook om begronding te doen. Wanneer is iets funksioneel? Is funksionaliteit ooit werklik bereikbaar? Kan ons in alle opsigte funksioneel wees? Kom ons gaan na die begin van alles. Dit begin by die Skepping en nog voor dit, voor die grondlegging van die aarde. As ons na die skeppingsverhaal soos geopenbaar in die Bybel kyk, dan hoor en sien ons God se woorde “…, en dit was goed”. Dit beteken vir my dat God alles volkome en in harmonie met  mekaar geskep het. Ek reken ‘n mens kan sê dat God alles funksioneel geskep het. Daar is orde in God se skepping. God ken funksies aan elke ding of faset toe. Hy skep spesifiek “twee groot ligte” – die son en die maan om so tussen nag en dag te onderskei en lig en donker van mekaar te skei. Hy skep lewende wesens, elkeen na sy eie aard – en kan ons sê, na sy eie funksie. God het ook man en vrou in die tuin geplaas om mekaar te help, om saam ‘funksioneel’ te wees soos God dit bepaal het – geskep na God se beeld, om dus funksioneel te wees. God gee aan die mens die taak om die diere en voëls te benoem. “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word”. In die woord “een” lê opgesluit die gedagte van “funksioneel/funksionaliteit”. Daar is ook ‘n besonderse dinamika daarin opgesluit, in die woord “word” (“een word”). Dis wys op ‘n aktiewe samewerking volgens God se wil (en bevel) vir die lewe. Om werklik dus ‘n idee te vorm van “funksionaliteit” en die diep betekenis daarvan, moet ‘n mens by God begin, by sy volmaakte wil en wysheid. Wanneer God dus sê, “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die die diere wat op die aarde kruip”, dan sê Hy vir ons om funksioneel te wees. Dis ‘n opdrag. Dit gebeur alles in die Tuin van Eden, die plek waar God in volkome harmonie met die mens in verhouding staan.

Dan, die sondeval. Die mens verontagsaam God se wil en bevel. Die mens begin om weg te kruip, die mens raak bang, Adam en Eva raak bewus van hulle naaktheid. Hierna word mense in sonde ontvang en gebore. Geboorte en swangerskap word ‘n pyniging, en swaarkry, elende, korrupsie en afvalligheid word deel van die mens se bestaan. Alle lewensuitgange van die mens is hierna verwronge. En as Christen gelowige erken en bely ek ook dat my insig en denke ook geskaad is. Stryd tree in – ‘n voortdurende stryd teen kwaad en duisternis, teen disfunksionaliteit en oneffektiwiteit, teen die Satan se aanslae, teen die sonde. Dis die begin van antitese – van teenstelling, van opponerende teorieë, opvattings/beskouings, ens – die ‘Maar’-woord wys dit telkens duidelik. Maar, en dis ‘n groot maar, God verander nooit. Hy bly altyd dieselfde. In Hom is nie kwaad nie. Hy is goed. Hy bly regeer en bly in beheer. Hy voer die gesag oor alles en almal, al erken en eer die vervalle mens Hom nie. God is en bly die Objektiewe Waarheid, die Alfa en Omega. Om myself in die rede te val en te onderbreek, as ek God se karaktertrekke probeer verwoord, bly dit slegs ‘n poging en kan beperkte mensewoorde nie werklik God se grootheid en heiligheid beskryf en deurgrond nie. Net laasgenoemde opmerking van my, wys op die mens se natuurlike geneigdheid van aandagafleibaarheid. Maar God se aandag kan nie afgelei word nie. Nee, Hy is ten volle, volmaak gefokus en ken elke hart en gedagte van ‘n mens. Hy het ‘n plan en Hy voer dit uit op sy tyd. En Hy gebruik wie en wat Hy wil.

En ons moet God elke dag dank dat Hy ‘n vaste burg is in ‘n onstuimige wêreld – ‘n toevlug in die nood waarin die gevalle mens elke dag verkeer (vgl Psalm 46). Hierin lê die feit en wete of eerder die troos dat ek alleen in my vasgelopenheid daagliks moet gryp na die onveranderlike God, na my Skepper, na sy Woord – terug, altyd terug, na God en sy Woord, na sy insig en wysheid, na Hom as die absolute Bron van alles! Die mens is uit die Paradys, weg van die volmaakte, ongerepte en harmonieuse verhouding, en tog is ons hele bestaan as God se kinders deur Jesus Christus ‘n pad terug na God, na die nuwe herstelde paradys, na die ewige huis – die nuwe Jerusalem. En vir hierdie troos moet ons Hom in en deur gebed dank en prys, maar ook deur ons lewe – ‘n dankbaarheidslewe, ‘n lewe soos deur Jesus gelewe, volkome gehoorsaam aan die Vader se wil. Jesus het vir ons die norm en beginsel kom stel en kom leef, dit wat Adam nie kon doen nie. In Adam was ek dood, maar in en deur Jesus leef ek nou. Daarom moet en kan ek, met die inwonende en inwerkende krag van die Heilige Gees, stry teen die sonde in alle opsigte en in alle lewensverbande. Die uitwerking is ‘n lewe gekenmerk deur die vrug van die Gees, meer en meer gelyk aan Jesus Christus se beeld. Dat ek hieraan deel kan hê, is genade. Op grond hiervan kan ek nie vrede maak met die gevolge van die sondeval of in die sonde bly lê nie. Daarom kan ek nie vrede maak met die idee en praktyk van byvoorbeeld disfunksionaliteit, in watter vorm ook al nie.

Die vraag na alles is hoe ons deur byvoorbeeld onderwys en opvoeding God dien en Hom verheerlik. Begin ons by God en sy Woord en pak ons as sy kinders alle onderwysgerigte inisiatiewe in die lig van God se Woord aan? Of is die wêreld ons vertrekpunt? Begin ons by die wêreld met al die skeefgetrekte idees en probeer ons om daarvandaan by God en sy Woord uit te kom, of selfs God se Woord aanpas om so eintlik ons eie selfgerigte/selfsugtige sin te kry? In terme van die onderwys, is ons geneig om te dink en redeneer asof disfunksionaliteit by ‘n gebou lê, of by ‘n (ander) skool, of by ‘n sisteem en gemeenskap, en dan wys die vinger weg, soos wat Adam gemaak het. Dit is sy, nie ek nie! Dit is daar, nie hier nie. So bly die mens in sy gefokusheid op hierdie wêreld ‘n meester in verontskuldiging, selfregverdiging en rasionalisering – eintlik voortvlugtend, pleks van om by die begin van alles, by God te begin – ook vlugtend, maar in Christus se arms in, meer en meer! Dit is die wese van Christelike onderwys, naamlik om in alles te vra na wat God wil met die wete en belydenis dat God in beheer is en oor die totale lewe regeer, altyd terug na sy Woord, om dan deur God se Woord/sy Lig na sy geordende skeppingswerklikheid in al sy skakerings/fasette te kyk, dit te ondersoek, te gebruik en God te verheerlik.

Ek kan vele  voorbeelde verder gebruik om die disfunksionele karakter van die samelewing te illustreer, maar ek wil eerder fokus op hoe ons die disfunksionaliteit kan en moet teëwerk, daarteen kan stry. Trouens, in die Nuwe Testament word ons geroep/opgeroep om volhardend en positief stelling in te neem. Die volgende opskrifte in die Bybel wil ek voorhou, en wel 2 Petrus 1 soos vertaal in die ASV en NLV en 1983-vertaling van die Bybel: “Die Christen se roeping en verkiesing” (ASV en 83-vertaling) en “God het julle nuut gemaak; maak dit sigbaar in julle leefstyl” (NLV). Lees gerus die inhoud en verse 3 tot 7, en dan die woorde in vers 8: “Immers, as hierdie eienskappe by julle teenwoordig is en toeneem, veroorsaak dit dat julle nie oneffektiewe en vrugtelose mense is wanneer dit kom by die kennis van ons Here Jesus Christus nie” (ASV). En in die NLV: “Hoe meer julle op hierdie wyse groei, hoe meer sal die feit dat julle ons Here Jesus Christus ken, veroorsaak dat julle nie nutteloos en geestelik onproduktief is nie”. In die 83-vertaling word dit soos volg gestel: “As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken”. Hierdie woorde is ryk aan inhoud en betekenis, en vervullend. Wat is dit wat ons moet besit en wat steeds moet toeneem, en hoe kry ons deel daaraan? Hoor en luister hoe weerklink die volgende woorde in 2 Petrus 1 vanaf vers 3 tot 7: “Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wereld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.” So sal ons vir Christus beter leer ken en ook bruikbaar wees. Hierteenoor (die antitese) sal diegene wat hierdie dinge nie doen nie, blind bly – oneffektief en disfunksioneel! En God waarsku dan ook deur sy Woord en wys sy kinders en die kerk op daardie dinge wat teen Hom en sy koninkryk werk en waarop ons bedag moet wees en waarteen ons moet stry.

Kortom: Hoe bly ons as Christene, waar ons ons mag bevind, funksioneel en effektief te midde van ‘n stukkende, vervalle en verwronge wêreld – ‘n wêreld wat met sy tydsgees en valsheid daarop uit is om ons mee te sleur en van God te wil vervreem? Onthou, daar kan nie ‘n kompromie wees tussen ‘n stukkende ou bedeling en die nuwe bedeling van ewige verlossing en hoop deur Christus nie. Kom ons dink en onderskei saam dmv ‘n klompie vrae of opmerkings.

  • Hoe word ons op Sondae deur die prediking as kerk en liggaam gevoed en toegerus  om effektiewe Christen-gelowiges daagliks in die samelewing te wees? Word God se Woord (so sê die Here) onverskrokke en met nederigheid en liefde gepreek en verkondig en aanvaar? Of is ons bang wat sekere lidmate (of selfs die media) se reaksie gaan wees op grond van hulle posisie of status in die kerk of gemeenskap? Is sekere onderwerpe of kwessies taboe, of word God se Woord in sy volheid uitgelê in die lig van 2 Tim 3:16 en 17, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus?
  • As ek dan bely ek is ‘n Christen, hoe gaan hierdie geloofsbelydenis oor in goeie (effektiewe en funksionele) werke? Of word geredeneer dat ek slegs (intellektueel) moet glo en dat ek verlossing in en deur Christus het, maak nie saak hoe ek verder leef nie –  ‘n “Christelike geloof” wat nie gehoorsaamheid en lojaliteit aan Jesus Christus vereis nie. In Jakobus 2:20 word ons tog duidelik daarop gewys dat ‘n ware geloof  sonder dade nutteloos is.
  • As instansies en liggame nasionaal en/of plaaslik hulleself bereid verklaar om die saak van Christelike onderwys en opvoeding te bevorder as ‘n belangrike/essensiële deel van ons dankbaarheidslewe en kerkwees (in sterk aansluiting by ons beheersingsopdrag), hoe word die daad effektief by die woord gevoeg in terme van byvoorbeeld die aktiewe, doelgerigte betrekking en aanwending van kundigheid en ander hulpbronne?
  • Hoe lyk my eie Bybelstudie? Bestudeer ek God se Woord onder leiding van die Heilige Gees of reken ek dat sake soos teologie (God se woord – Grieks theos en logos) vir geleerdes bedoel is, en besef ek dat die Bybel God se openbaring teenoor die mens is? Hieruit leer ons God ken as Heilig, as Skepper, Onderhouer, die Alfa en Omega! Maar ons leer ook hieruit die mens ken – ek, en hoe ek in en deur my hulpeloosheid of vasgelopendheid gedwing word tot ‘n kennis van God.
  • Word die idees en teorieë tov leierskap en bestuur wat in die wêreld heers gebruik om die kerk en sy strukture aan te pas of word die beginsels vanuit die Skrif gebruik om die model vir leierskap en bestuur in onder andere die onderwys en elders te bepaal?
  • Besef ons daagliks en glo ons dat Christus nie net vir my kom sterf het nie, maar ook die volkome gehoorsame lewe sondeloos geleef het? En bid ek daagliks dat ek meer en meer aan die beeld van Christus gelykvormig sal word – minder en minder van hierdie gebroke wêreld en meer en meer van Christus; minder van myself en meer van Christus?
  • Hoe lyk die agendas van my lewe en wat en wie bepaal die inhoud daarvan?
  • Wat is die inhoud van gesprekke teenoor en in die teenwoordigheid van byvoorbeeld ons kinders, eggenoot en kollegas? Getuig dit van ‘n opbouende ingesteldheid of breek dit af – geestelik en heel moontlik ook fisies?
  • Hoe lyk die ouerhuis en sy strukture en wat bepaal dit? Het die fisiese voorkoms en beeld van die ouer teenoor die portuurgroep of die status, of die ekstra program en soms ‘n verskeidenheid van ekstra programme so oorheersend geword dat die kind eintlik ontwortel word en daagliks verplant word sonder ‘vaste kos’ en lewensankers?

Ek sluit af met ‘n oproep: “Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het.” (2 Petrus 1:10)

Groetnis!

Advertisements

Aftrede – ‘n tyd vir optrede

Sekerlik is daar baie wysgere of filosowe daarbuite wat hulle eie weergawes van en filosofie rondom aftrede mag hê. Tog wil ek verdere aksente plaas, en ek wil eerlik wees. Die idee is om net ‘n klompie gedagtes as’t ware op die tafel te plaas – dinge waarmee ‘n mens vrede moet maak en ook met en aan moet werk. Die vraag is of hierdie post net vir afgetredenes bedoel is? Dit moet die leser maar self beantwoord.

Ek stel ‘n klompie punte en daarna wil ek graag ook hierdie punte verder uitlig met meer besonderhede en agtergrond. Dis asof ek amper ‘n soort van onderhoud met myself voer.

NEEM KENNIS! Die ander mense/res van die wêreld tree nie ook af as jy aftree nie (alhoewel ek reken en ook so deur my loopbaan dit ervaar het, dat daar mense is wat al lankal – in hulle koppe en selfs fisies – afgetree het, maar net dit nog amptelik moet aankondig).

Die wêreld beweeg aan en mense of individue gaan ‘normaal’ (of is dit dalk ‘abnormaal’) voort. Hulle gaan staan nie stil, net omdat jy die pas vir ‘n oomblik makeer en nuwe rigting probeer vind of ondersoek nie. Wat het dit my geleer? Ek hoor en luister nou baie meer as ooit tevore! Ek het nie noodwendig iets nuuts en vars om by te voeg nie. Skielik (want dis onverwags en seker ook te wagte) het ek besef dat ek in terme van my ervaring in die verlede delf en uit die voorraad diep/praat, terwyl ander oor vandag en oor dinamiese eietydse gebeure praat – soos die ‘politiek’ by die werk en interessanthede, wisselvallighede en soveel daaglikse katestrofes en gebeure.

Ek weet en besef daagliks dat ek wel moet teruggee

Hoe dikwels probeer mense die feit ontduik of systap met die uitdrukking dat “‘n mens niks eendag kan saamvat nie”, om eintlik net daardeur te sê dat ons nou elke dag en by elke moontlike geleentheid moet teruggee uit dankbaarheid vir die genade wat ek ontvang het, voordat my tyd hier op aarde verby is. En die kern hier, naamlik dat ‘n mens uit dankbaarheid moet teruggee vir dit wat ‘n mens ontvang het, is waar en seker. Maar eintlik is hierdie beginsel nie net van toepassing as jy die dag aftree nie, maar ook vir die tyd waar jy aktief binne ‘n beroep gestaan het. Jy tree nie af om dan eers terug te gee nie; jy gee altyd terug – van jouself, jou menswees, jou tyd, jou energie, jou meelewing, en so kan ‘n mens aangaan. Ek reken dis juis hierdie laasgenoemde fasette wat binne die werkplek verhoudinge bou en mense opbou. Ek reken net as afgetredene vra jy dit ook nou meer en meer van die ander; juis omdat hulle ook nou reeds moet teruggee en moet uitreik, en nie eers na hulle afgetree het nie. Maar ek glo nie die belangstelling en uitreik moet vermom word met opmerkings soos ” Dis darem lekker om by die huis te wees”; “Dis darem lekker om altyd op vakansie te wees”; “Wat maak jy nou met al die tyd wat jy het?” Nee, kom ons reageer sinvol met opbouende en eerlike en opregte kommunikasie.

Aftrede laat jou voel wat dit beteken as die skoen nou aan die ander voet is.

Ek reken ek sou meer moeite wou doen om my voorgangers wat uit dieselfde posisie en by dieselfde instansie as ek afgetree het, deurlopend te ondersteun en te betrek ten opsigte van hulle welsyn, daaglikse behoeftes en sommer net uit belangstelling.

Weet verseker dat jou kop nie “aftree” nie.

‘n Mens dink nou dalk nog meer as ooit tevore – denke oor hoe gaan ek my dag vandag beplan en leef en gaan dit anders as gister wees, of, waaroor gaan ek gesels as my huismense weer later en deur die loop van die dag by my aansluit.

Aftrede het my weer oor dinge opgewonde laat raak – dinge (en heel dikwels die klein dingetjies) wat ek vantevore nie juis op ag geslaan het nie, soos om met trots die huis in te gaan en met opgewondenheid te wys hoe lyk die koejawels wat ek so pas afgepluk het. Die vraag is hoe ons almal met waardering na die klein dingetjies en gebare kyk en daarop reageer.

Die huis – my “veilige hawe” of gemaksone?

Ek het altyd vanuit my werksomgewing en wanneer sekere uitdagings druk op my geplaas het, gesê dat dit darem wonderlik is om weer aan die einde van die dag huis toe te gaan, na my ‘veilige hawe’. Die groot uitdaging nou is om ankers op te tel en die hawe weer te verlaat. Of moet ek eerder sê dat daar ‘n see van uitdagings en geleenthede is wat nou aangepak en getrotseer kan word. Ek was skaars afgetree en by die huis (of nee, eerder by die see in die Suid-Kaap) toe ek ‘n boodskap van my vorige werkgewer en ‘n amptenaar kry om by ‘n skool uit te help. Dit gaan nie goed by die spesifieke skool nie en die personeel voel hulle is op moedverloor se vlakte en leierloos. In die algemene taal word die instansie in baie opsigte as disfunksioneel beskou. Ons sê mos maklik ‘n instansie is disfunksioneel, so asof dit die geboue is wat disfunksioneel kan wees. Intussen gaan dit oor mense/individue wat binne daardie struktuur werk. Dis mense wat ‘n instansie funksioneel maak, of nie, op grond van sekere ingesteldhede en doelgerigte beplanning en uitvoering. Die blaam word so dikwels net weggeskuif, asof die probleem elders lê. Terug na die oproep om te kom uithelp.

Ek aanvaar toe die geleentheid om te gaan help en terug te gee – uit te reik. En skielik besef ek dat die disfunksionaliteit nie sommer maar net as etiket geografies om die hals van ‘n sekere skool binne ‘n sekere gemeenskap gehang kan word nie. My gevolgtrekking na dese: Disfunksionaliteit lê wyd – by die ondersteuningstrukture, toesighouers, by die persoon wat in gebreke bly om sy/haar e-pos te beantwoord, by sy/haar luiheid/laksheid (die Engelse het ‘n mooi woord, naamlik “Slacker”), by mense wat elke maand salaris trek en eintlik nie veel gedoen het of werklik probeer het om te help en bystand te verleen nie. Sien, ek is nou aan die ander kant van die draad. Van my kant af lyk die wêreld waar ek was en hoe die prentjie meer en meer ontvou, nie goed nie. Wat is fout met die prentjie? As ek praat van ‘n prentjie, dan dink ek aan die speletjie of oefening wat ‘n mens in tydskrifte gekry het: twee identiese prentjies of op die oog af identies, is verskaf. Dan moes jy aandui in watter opsigte die een van die ander een verskil of wat ontbreek. Wat sien ek raak, hier uit my leunstoel (as jy wil)?

  • Luister ons ook aandagtig en met belangstelling na hulle, wat steeds behoeftes het, en geag wil word?
  • Destyds het een van my personeellede haar “skuldig” gemaak of eerder voorgegee dat sy aandagtig luister met ‘n kort en aanhoudende “Ja, ja, ja, … ja, ja … ja op dit wat jy aan haar meedeel, maar kort voor lank het ek agtergekom dat sy “Ja” op verkeerde plekke in die gesprek sê. Hoef ek nog meer te verduidelik? Of soos ‘n matriekvriend van my by ‘n reünie toe ons aan tafel by ‘n ete sit. Niemand het gesels nie en die gesprek was vir daardie oomblik afgehandel en tog het ek herhalend van hom gehoor: Ja, ja, … ja, ja, ja. Moet sê sy selfspraak was nogal komies.
  • Stel ons werklik en intens belang in mekaar en in mekaar se wêrelde?
  • Aanvaar ons mekaar en dinge en voorregte as vanselfsprekend?
  • Is ons so ingestel om polities korrek op te tree, dat ons eintlik in die proses mekaar vir die wolwe gooi, en die ander nie ‘n plekkie in die son gun nie?
  • Het ons dalk perspektief verloor en jaag ons na erkenning, ongeag …
  • Weet ons nog waarmee ons besig is en wie ons is, of het ons slegs “rubberstempels” geword?
  • Hoe word na mense gekyk (ook natuurlik na afgetredenes) ten opsigte van hulle menswaardigheid, ongeag hulle ouderdom? Ek reken ons moet weer presies vasstel wat met ‘menswaardigheid’ bedoel word.
  • Ken jy die goue reël van die lewe? (Doen aan ander …)

Is ek spyt ek het afgetree? Nee, beslis nie. Vir my het aftrede kom wys dat dit nie meer gaan oor ambisie, die bou van ‘n loopbaan, of die soeke na erkenning, of dalk oor die mooiklinkende Engelse uitdrukking wat lui “Fake it till you make it” nie. Dis alles van korte duur. Aftrede kom stroop jou as’t ware van al die pretensies. Nou staan jy voor die spieël met die vraag: Wie en wat is jy nou eintlik? As jy sukkel met die antwoord, dan het jy heel moontlik ‘n identiteitsprobleem of -krisis.

Ek kan nou optree (na aftree). Ek het ‘n opinie. Ek kan die prentjie verder invul. Die groot uitdaging is net dat ek my daagliks daaraan moet herinner.

Groetnis!

 

Paasfees en my identiteit

Ons leef in ‘n tyd waar mense toenemend so graag deel wil wees van eietydse neigings, van groepe, die nuutste tegnologie, selfs van persoonlikhede en sekere persoonlike style en modegiere. Dit gaan oor aanhang, identifikasie en assosiasie. Dan weer hoor ons dikwels die uitlating van: Wees net jouself, of wees net die beste weergawe van jouself (wat dit ook al mag beteken), en moenie verander nie; jy is goed en oulik net soos jy is. Oor die algemeen is die mens van nature geneig om erkenning en aanvaarding te soek. Ons wil graag identifiseer met iets of iemand binne hierdie wêreld. Voordat ek oorspoel word met kritiek, laat ek net kortliks verduidelik dat die begrippe “aanhang, identifikasie en assosiasie” in terme van die mens se behoefte om te behoort, nie as onbehoorlik beskou moet word nie. Maar ek kom later hiernatoe terug.

Soveel mense vier vandag Paasfees, of anders gestel, assosieer met Paasfees deur middel van sekere tradisies en opvattings. Winkels kondig dit aan met advertensies en mense “haas” hulle om eerste in die ry te gaan staan. Kinders se oë blink as hulle hul gereedmaak vir al die lekkernye. Ander roep uit “Geseënde Paasfees”, maar so half in die verbygaan en so wonder ‘n mens oor die inhoud en betekenis. ‘n Radio-omroeper herinner die luisteraars daaraan om veilig te reis en om te onthou waaroor die naweek werklik gaan. Op die voorkant van ‘n skoolbulletin staan: “Mag die Blye Boodskap ons almal verkwik oor die Paasnaweek”. Maar wat is die inhoud en kernboodskap van Paasfees?

Ja, dis ‘n fees! Ons moet jubel en juig! Dit ‘verkondig’ goeie nuus – voorwaar ‘n blye boodskap! Maar kom ons wees spesifiek en sê dit by die naam. Paasfees wys op die belofte wat wyd en syd verkondig moet word, dat die volmaakte Lam, Jesus Christus, mens geword het, vir die wêreld kom ly het terwyl Hy die volmaakte lewe in gehoorsaamheid aan sy Vader geleef het. Hy het God, die Vader, se straf vir die sonde kom dra, is deur mense gespot en verwerp en is aan ‘n houtkruis vasgespyker en buite die stad gekruisig. Sy bloed is vir ons gestort, Hy het gesterf, is begrawe en het op die derde dag na sy dood opgestaan. En na sy opstanding het Hy aan mense verskyn voordat Hy na die hemel toe opgevaar het. Hoekom moet ons juig en feesvier? Sonder hierdie gebeure as deel van God se raadsplan, was en is ons verlore, het ons geen toekomsverwagting/-perspektief en ewigheidsperspektief nie, is daar geen hoop en sin nie – geen verlossing nie. Wat is hoop? So baie probeer om hoop vanuit ‘n wêreldse konteks, in liedjies en gedigte te definieer en dit te vind teen die agtergrond van uitsprake en uitdrukkings soos “Glo net in jouself”, pleks om in die eerste plek direk na God se Woord te luister en dit daar te vind – by God self!

Wat is die geskiedenis van Paasfees? In die Ou Testament vind ons die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte gelei is en verlos is van die juk van slawerny. Pasga is dan ook elke jaar gevier as ‘n herdenking van die genadige uitredding uit die land van slawerny. Ek gebruik verder met vrymoedigheid die volgende beskrywing soos gevind in ‘n e-tydskrif waar dit soos volg verduidelik word:

Paasfees vind op dieselfde tyd plaas wanneer die Jode die Pasga vier (Pesach in Hebreeus en Passover in Engels). Tydens dié fees herdenk die Jode die feit dat God die Israeliete van slawerny in Egipte bevry het. In die boek Eksodus lees ons dat God die kinders van Israel gehelp het deur tien plae oor die Farao en die Egiptenare te stuur. Die tiende en laaste plaag was die dood van die eersgebore seuns. Waar die meeste van die ander plae (behalwe die eerste drie) nie die Israeliete en hul diere geraak het nie, kon hierdie plaag hul egter tref indien hul nie op God vertrou het nie. Die enigste beskerming wat die Israeliete gehad het, was om die bloed van ‘n geslagte lammetjie aan die kosyne van hul deure te smeer. Wanneer die Engel van God dié bloed gesien het, het hy verby die huis beweeg en vandaar die naam van dié fees. Die Engelse begrip “Pass over” sê dit baie mooi – in Afrikaans “oorslaan”.

For the LORD will pass through the land to strike down the Egyptians. But when He sees the blood on the top and sides of the door frame, the LORD will pass over your home. He will not permit his death angel to enter your house and strike you down,” (Exodus 12:23).

Die Engel van die Here het daardie nag deur die land beweeg en elke gesin wat nie die beskerming van die bloed gehad het nie, het ‘n eersgebore seun, en/of dier, aan die dood verloor. By gesinne wat deur die bloed van die lam beskerm is, het die Engel van die Here slegs verby beweeg (He passed over). Elke gesin in Egipte is getref en so is die Farao, wat ook as ‘n god beskou is, deur die God van Israel getref (Eksodus 11:5). God het deur die dood van die eersgeborenes van Egipte sy eersgeborene (die volk Israel – Eksodus 4:22) vrygekoop (Jeremia 31:9; Hosea 11:1). Hierna volg die wet van Moses waarin elke manlik eersgeborene van Israel (mens en dier) losgekoop moes word (Eksodus 13:14-16).

Tydens die laaste Pasga in die bo-kamer in Jerusalem het Jesus kort voor die kruisiging die nagmaal ingestel. Hiermee verval die viering van die Pasga omdat Christus met sy kruisiging en dood die profesie van die offerlam vervul het. Daar is net twee van die pasgamomente wat behoue gebly het nadat Jesus die nagmaal ingestel het: Die brood wat ons breek en die beker van danksegging. Die Nagmaal is dus NIE ‘n Christelike weergawe van die Pasga nie! In die Nagmaal vier ons die feit dat Christus die Paaslam is wat geslag is (1 Korintiërs 5:7): God het by ons verbygegaan in sy straf, omdat Christus in ons plek die straf gedra het. Die Pasga vind sy vervulling in die nagmaal!

Wat ‘n vreugde en fees!

As ek my opnuut met hierdie kennis opskerp, staan net een woord, nee twee, vir my uit –  Genade en liefde! Die lewe het tog sin!

Wat nou verder en hoe reageer ek en jy (identifiseer ons) op hierdie goeie en blye nuus en boodskap? Staar ons nog soos die mense op die dag van Jesus se hemelvaart stip na die hemel of handel ons nou met ywer onder leiding van die Heilige Gees (wat as gawe aan ons as God se kinders geskenk is) met die wonderlike belofte wat in ons gedagtes weerklink, op ‘n wyse wat onteenseglik daarop dui dat ons Jesus weer verwag? Die Heilige Gees rus ons toe vir die pad wat ons met verwagting en dryfkrag kan en mag stap. So versterk God die ware geloof in ons.

Kom ons oorweeg ‘n klompie vrae of slegs opsommende gedagtes net om prakties te kyk hoe ons met dringendheid en gefokus op God se genade en liefde moet reageer:

  • Lees God se Woord en ondersoek dit, en
  • ontdek en omhels onder leiding van die Heilige Gees die Waarheid van die Evangelie.
  • Wees bewus van die dwalings en aanslae van Satan om die sentrale waarheid van Jesus se opstanding ongedaan te probeer maak – ook dmv die skeefgetrekte boodskappe, prentjies en sekere tradisies wat opgedis word.
  • Leef ‘n jubelende lewe tot eer van God! Hoe?
  • met die woorde van 2 Kor 5:14 en 15 wat ons aktiveer: “Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is”.
  • Vra konstant die vraag, en in gebed: Here, wat wil U hê moet ek doen?
  • Om te verklaar dat ek vir God lewe, veronderstel ‘n gesindheid om meer te doen en nie met die minste tevrede te wees nie. Hoekom? Ek word deur die liefde van Christus gedring en sy liefde het nie die minste gegee nie; Hy het aan die kruis alles gegee.
  • Lees 1 en 2 Timoteus, en volhard, wees getrou aan die evangelie, bly by die waarheid en Waarheid, verdra lyding en swaarkry, onderrig die kinders  van kleinsaf en onthou: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek” (2 Tim 3:16)
  • Daarom volg ek hierdie wêreld en sy style en persoonlikhede en houdings en gedrag, en valse dryfkragte nie maar net blindelings na nie – so asof ek aan myself behoort nie.

Terug na die opmerking aan die begin van die post, en ek glo jy sal die verbande kan trek en perspektief kry: Ek behoort nou nie meer aan myself nie, maar met liggaam en siel en in lewe en in sterwe aan Jesus Christus. Ek hang Hom aan, ek assosieer met Hom, in Hom vind ek my identiteit. Nie eers die wêreld, dan God nie, maar allereers die Koninkryk van God.

Onthou, en in die woorde van ‘n ander skrywer: “Paasnaweek en Paasfees is die belangrikste drie dae in die ganse geskiedenis. Dit was die draaipunt, die beslissende moment in die stryd tussen God en Satan, tussen hemel en hel. Belangriker as enige ander gebeurtenis ooit”.

Geseënde Paasfees!

 

Wil ons werklik help?

Ek kyk graag programme op televisie wat ‘n inspirasie is en wat as’t ware energie gee vir ‘n uitdaging wat moontlik wag; wat ‘n mens gereedmaak en gereedhou vir ‘n moontlike geleentheid wat mag opduik. Iemand het juis gesê “When opportunity comes it’s too late to prepare”.

Een van die TV-programme waarna ek verwys, is die program Megaboere. In die laaste aflewering, wat ‘n opsomming was van die beginsels wat telkens in episodes na vore gekom het, is die versugting uitgespreek dat daar in die land ‘n poging aangewend sal word waar boere en opkomende boere dan veral, van mentors gebruik sal maak om hulle te help om te boer en effektief te boer. Dit kom daarop neer dat ‘n beplande struktuur geskep moet word om volgens sekere prosesse en behulp van fondse ‘n plan in werking te stel.

Hierdie beginsel en idee en behoefte geld wat my betref ook vir die onderwys en spesifiek vir disfunksionele skole, alhoewel ek reken dat disfunksionaliteit nie net beperk is tot sekere gemeenskappe en skole nie. Disfunksionaliteit kan myns insiens ook binne ‘n sogenaamde ‘gesonde’ skoolopset voorkom. Binne ‘n skool kan al die strukture bestaan, maar as individue nie dit wil laat werk nie, op grond van hulle eie onbevoegdheid of traagheid, of selfs op grond van hulle karakter en bestuurstyl – bv manipulerende gedrag en misleidende optrede – dan kan dit ook tot disfunksionaliteit (en frustrasie) aanleiding gee.

Maar ek wil graag die volgende video verder laat ‘praat’. Dr Henry Cloud kan as ‘n ‘mentor’ beskou word wat in geen onduidelike taal, grense trek. Ekself het nie altyd die voorreg gehad om ‘n mentor te hê nie, alhoewel ek telkens al opgemerk het dat boeke en skrywers my ‘mentors’ is en was. Daar is vandag soveel geleenthede wat wag en daar is, wat my betref, nie meer rede vir verskonings en vir ‘n gebrek aan inisiatief nie. Die video is ietwat lank, maar maak tyd en kyk (van voor af), bestudeer, luister, geniet en onderskei waarop dit neerkom.

Ondervoeding of wanvoeding? Ons kinders se onderwys en die toekoms

Om te begin, hoop ek nie ek gee met die opskrif ‘n slegte smaak in die mond en neem mense se ‘opvoedkundige eetlus’ weg nie.

Ek het ‘n bietjie gaan kers opsteek by ‘n taalkundige en sy het die begrippe ‘ondervoeding’ en ‘wanvoeding’ soos volg verduidelik: Ondervoeding is gebrekkige voeding a.g.v. onvoldoende voedselinname of swak voedselopname, of die siektetoestand wat daardeur veroorsaak word. Wanvoeding is ‘n toestand wat die gevolg is van ‘n dieet wat ontoereikend is omdat dit te min (ondervoeding) of te veel (oorvoeding) van bepaalde voedingstowwe bevat. Wanvoeding is dus ‘n oorkoepelende term wat ondervoeding en oorvoeding insluit.

Bogenoemde beeld, idee of beskrywing van voeding in negatiewe sin, moet vervolgens in gedagte gehou word as ek verder gesels. Die vraag wat ek dan ook wil stel, en dis ‘n vraag wat deur ‘n apologeet en ‘n ene Cornelius van Til sover terug as 1936 in The Presbyterian Guardian, Volume 3, ook gevra is, naamlik What shall we feed our children?  Hy het die vraag gevra teen die agtergrond van die invloed van die modernisme op die onderwys. Vandag sou ons ook die postmodernisme en die effek daarvan kon betrek mbt die beantwoording van hierdie vraag.

In die lig van hierdie essensiële vraag, wonder ek soms en terloops of ons werklik na  diepliggend beredeneerde oplossings of antwoorde soek en of ons nie so vasgevang of verlam is deur die politieke, maatskaplike, sosiale, ekonomiese en individuele omstandighede en onderliggende filosofie en filosofieë wat dit dryf nie, dat ons die vermoë of energie verloor het om na die essensie van sake te kyk en konstruktief en gesamentlik oor ‘n opvoedkundige plan vanuit ons Christelike geloofsoortuiging te besin nie.

Kom ek kyk ‘n bietjie weer na die artikel wat Van Til in The Presbyterian Guardian geskryf het. Hy skryf vanuit die Amerikaanse situasie vir sy tyd, maar ek reken ons kan nie maar net eenkant staan en reken dit sê niks vir ons hier te lande nie of vir vandag nie. Van Til skryf:

“We know that the literature of the old Board of Christian Education was permeated with Modernism. But even if we are able to find literature that is sound, do we then have all that we need? Can we really believe that the only thing wrong with the old program was its Modernism? Our fathers had a far more comprehensive program of Christian education than we have now. Time was when the public school system of the country was virtually a Christian school system. That time is past and yet are we sure that there is no need for a real system of Christian education?”

Kom ek probeer vertaal met die idee om dit op ons eie situasie of konteks van toepassing te maak. Hou dus ons eie konteks die heel tyd in gedagte:

“Ons weet dat die literatuur van onderwysliggame en onderwys- en opvoedkundige forums deurdrenk was (is) met modernisme (of postmodernisme). Maar al ontdek of kry ons literatuur wat aanvaarbaar is, beteken dit dat ons alles het wat ons nodig het? Kan ons werklik glo dat die enigste ding wat verkeerd is met vorige of programme tans voor die deur van die modernisme (of postmodernisme) gelê kan word? Ons voorvaders het by verre ‘n meer omvattende program van Christelike onderwys gehad as wat ons tans het. Daar was ‘n stadium dat die openbare skoolsisteem van die land feitlik/oorwegend ‘n Christelike sisteem was. Daardie tyd is verby en tog, is ons seker dat daar nie ‘n behoefte is vir ‘n ware Christelike onderwyssisteem nie?”

Van Til gaan dan verder in sy artikel en wys daarop ‘n mens dalk genoemde vrae (in die aanhaling) die beste kan beantwoord deur te vra of die opvoedkundige invloede wat Christelik is, sterker as die opvoed-/onderwyskundige invloede is wat nie Christelike van aard is nie. Dan vervolg Van Til met ‘n beeld wat spreekwoordelik tussen die oë tref : “Imagine with me, if you will, a child now six years old. Then think of this child some twenty years from now. Is it likely, considering the education this child will receive, that it will be an intelligent member of the church at that time? Is it likely that this child will be full of enthusiasm and zeal for the truth when it comes to manhood or womanhood? In answering these questions we shall assume that the child we think of has the benefit of a truly Christian home. We shall also assume that the child’s Sunday school teachers were fully equipped for their task. We shall assume that the child has actually attended preaching services that were truly Reformed in nature. Still further we shall assume that the child is taught the catechism. These are huge assumptions but we must make them now, and ask whether all these Christian influences can counteract the non-Christian influences to which our child will be subjected in the next twenty years”.

Net vinnig ‘n opmerking: Ek wonder hoeveel van ons het vir ‘n oomblik gehuiwer en ‘n wenkbrou gelig by die woorde “truly Reformed in nature” en “taught the catechism”? Dalk is hierdie huiwering en frons-op-die-voorkop gevoel juis tekenend van ons eie gebrekkige blootstelling aan deurdringende ondersoek, en dus begrip. Maar wag, ek is weer terug by Van Til en sy beeld van ‘n sesjarige kind. Die kind word groot en groei op. Klink die volgende nie bekend nie, en kon dit nie net sowel ‘n verwysing na en beskrywing van ons eie situasie wees nie?

“Suppose then that our child goes to college. Many children eventually do. Will he go to a Christian college? This is not at all certain. There are not enough Christian colleges. A considerable percentage of our young people will continue to attend the public university or college. Besides, colleges that are not only Christian but truly Reformed are few in number. We think of our child, then, as eventually attending a modern university. Will he, upon graduation “join” or remain in the church? Will he be able to do either if he is honest with himself?”

Christengelowiges kan ook as die ‘kerk’ beskryf word. Maar ons kom ook saam in ‘n kerk om te aanbid. Die vraag vandag is of ons ‘n kerk kies na ons persoonlike smaak, gerig deur gemaksug en informaliteit, of is ons deel van ‘n kerk en gemeente waar die Woord in sy volheid verkondig/gepreek en uitgedra word – nie wat ek wil nie, maar wat God wil! In die 1930’s sê Van Til die volgende:

“It was not difficult for young people to “join” or remain in a church when that church largely failed to bring out the contrast between the teaching of Scripture and the teaching of the modern university. Under those circumstances young people were not compelled to make an intelligent choice. They could continue in the church because of “hallowed associations” and “noble traditions” connected with fine old buildings. But if the full implication of Scripture teaching for doctrine and life is set forth clearly and forcibly [eie beklemtoning], educated young people will have to choose between this teaching and what they have learned in the university. An intelligent choice for or against the truth will naturally replace decisions made on the basis of sentiment alone. We ask our young people to believe in Christ as their personal Saviour. Can they honestly say that they do, if they also believe what they have heard in the courses on science and philosophy?”

Die vraag is met wat ons kinders, jongmense en ja, entlik ons almal, gevoed word?Het ons ‘n grondige kennis van God se Woord om besluite in die lewe te maak en onderskeid te tref of is alles vaag? Van Til se vrae en antwoorde gerig deur God se Woord raak die essensie aan. Hoe antwoord ons self hierop in die jaar 2019?

  • What does it mean to believe in Christ as my personal Saviour? Among other things it means that I am a creature of God who has sinned against God by “want of conformity unto, or transgression of, the law of God.” As a sinner I am under the wrath of God forever. No mere man can do anything for me. Only God can save me. Therefore Jesus must be God. Therefore He must, in His human nature, die in my room and stead. Therefore the Holy Spirit must regenerate me.
  • But does university teaching agree with this? We trust that no one will argue that it does. Sonder om te veralgemeen gemeet aan ons eie omgewing en situasie en ‘verkondig’ deur die oorgrote deel van die openbare media: That teaching denies, to begin with, the foundation fact of Christianity, the fact of creation. Modern philosophy and modern science are in perfect accord in rejecting the Scriptural notion of creation. If the word “creation” is employed by some philosophers it is not taken in the Biblical sense. Then, too, the Biblical idea of sin as defined by the Shorter Catechism is set aside by modern science in general and by psychology in particular. Freudianism, for example, may say many ugly things about human nature but it has no use for the idea of an originally perfect creation and for the idea that man is, since the fall, guilty before God. Thus, according to this point of view, man does not need to be saved in the Bible sense of the term; why then should he confess Christ as his personal Saviour? To do so would be to prevaricate.

“But suppose our child does not go to college. Suppose he goes to high school only. This does not obviate the difficulty. The high school teachers have for the greater part been trained in the public universities and normal schools. We are, it would seem, quite safe in saying that the general influence on the high school pupils is largely the same as that brought to bear upon college students. Even if there are a number of high school teachers who are Christians they are not prepared, because of their lack of Christian training, to counteract the general non-Christian influences.

Net weer die vrae: Maar al ontdek of kry ons literatuur wat aanvaarbaar is, beteken dit dat ons alles het wat ons nodig het? Kan ons werklik glo dat die enigste ding wat verkeerd is met vorige of programme tans, voor die deur van die modernisme (of postmodernisme) gelê kan word?

Ek reken Van Til gee perspektief: If we are unwilling to make use of the natural means of instruction that God has placed within our reach we cannot expect our children to become Christians—useful Christians—through sporadic efforts of our own.

Waarmee word ons kinders gevoed, ook geestelik gevoed? Hoe lyk dit vandag?

  • Our child will certainly attend the grade school for several years and that for five days a week.
  • In Sunday school our child has learned the nineteenth psalm. As he goes to school those beautiful words, “The heavens declare the glory of God”; still reverberate through his mind.
  • But when he enters the school room all this has suddenly changed. There the “starry universe above” somehow operates quite independently of God. And what is true of “the heavens above” is true of everything else.
  • At home the child is taught that “whether we eat or drink or do anything else” we must do all to the glory of God because everything has been created by God and everything is sustained by God.
  • In school the child is taught that everything come of itself and sustains itself. This much is involved in the idea of “neutrality” itself. At best this means that God need not be brought into the picture when we are teaching anything to our children.
  • But is it not a great sin for Christian parents to have their children taught for five days a week by competent teachers that nature and history have nothing to do with God?

We have no moral right to expect anything but that our children will accept that in which they have been most thoroughly instructed and will ignore that about which they hear only intermittently. Ek sien ‘n prentjie van ‘n skoolkind wat geld gekry het om ‘n voedsame happie by die skool se snoepie te koop, maar dan staan hy voor die toonbank en word oorweldig deur die versoeking om eerder van alles behalwe die voedsame te koop. Hoe sterk oortuig is die kind op grond van grondige kennis en opvoeding om, wanneer dit nodig is en in gehoorsaamheid) die regte besluit te neem?

Maar onthou: “… are not our children “born and conceived in sin”? Will they not naturally accept that which is false rather than that which is true? Nor is the instruction by any means always “neutral.” 

Skeefgetrekte/verwronge prioriteite en ‘voeding’ is eie aan ons dag. Ek kan amper nie glo dat die volgende in die 1930’s geskryf en opgemerk is nie. Ek moet dit eenvoudig net deel.

If we Christian parents think of all this is it not really amazing that we have so sadly neglected the Christian training of our children? We take excellent care of the bodies of our children. We are becoming “vitamin minded.” We do not buy cabbages and potatoes but we buy calories and vitamins. We ask how much of the valuable vitamin D content is in this food or in that [Of ons skryf ons kinders in vir hierdie en daardie program en oefen hulle, en ons skree (soms histeries) en moedig hulle met passie aan; en skole rig heinings vir veiligheid op, en bou (soms op grond van persoonlike voorkeure en omdat niemand wil agter raak nie) die beste geriewe en velde en bane – my eie invoegsel ter wille van ons eie omgewing]. But [eie beklemtoning] the strange thing is that in the field of spiritual nurture we do not count the number of vitamin D’s our children get. No sensible parent will give his child food not of the best if the best is within his reach. No mother will allow her child to pick up what it may anywhere in the way of food and then when sickness comes suddenly feed that child nothing but cod-liver oil. Why then do we allow our children to have daily meals of spiritual food which has no vitamin D? Do we not care if they develop spiritual rickets? Do we not worry if they are spiritually underfed? “Thou shalt not tempt the Lord thy God.”

Ek wil nie pessimisties na die toekoms kyk nie, maar ek wonder oor die volgende by wyse van vrae:

  • Is dit wat Cornelius van Til in die 1930’s skryf los te maak van ons situasie en konteks?
  • Is Christelike onderwys net ‘n kwessie vir ‘n ander land?
  • Is die feit dat ek ‘n dag met gebed in die klas begin, ‘n maatstaf dat Christelike onderwys in die ware sin van die woord tov alle vakterreine plaasvind?
  • Is daar ‘n wil en oortuiging by mense aanwesig wat hulle dryf om saam in Christus (by wyse van gesprekke en doelgerigte inisiatiewe) te besin oor Christelike onderwys en ‘n program daarvoor?
  • Hoekom is ek by die skool waar ek is en in watter posvlak ook al – in ‘n groot mate vir die gerief, aftreegeld, status en profiel, prestige?
  • Wat beteken “roeping” vir die onderwyser, leier en bestuurder van vandag?
  • Hoe gebruik ek my energie en tyd (my verantwoordelikheid) as ouer om my kind en kinders te lei in die waarhede van God se Woord, om nie aan hierdie wêreld gelykvormig te word nie, maar om eerstens God se koninkryk te soek?
  • Kan of sou my kind uiteindelik onderskei waarop dit neerkom?

‘n Laaste woord (en hopelik tog nie die laaste woord nie) van Cornelius van Til: In obedience to our covenant God we shall have to bring up our children “in the fear and admonition of the Lord.”

God het die eerste en laaste sê!

Groetnis!

God se masjestueuse karakter!

Ek volg my voorafgaande post op met ‘n artikel wat ek (met erkenning aan Ligonier Ministries en Tabletalk) raakgelees het. Dit was vir my baie besonders en ek deel dit graag. God openbaar self sy karakter deur sy Woord en spreek die essensie van ons lewe en wat die sin van ons lewe is aan, naamlik om in alles God te verheerlik!

“I AM WHO I AM(Scott Oliphint Jun 19, 2017)

One of the most significant events in the life of the Lord’s people in redemptive history is the exodus. However, as important as the exodus is, it is even more important for us to see that in Exodus 3, God reveals the majestic magnificence of His character. It is a magnificence that contains two glorious truths, inextricably linked, without which the Christian God cannot be understood or worshiped. As important as the salvation of Israel from Egypt is, it cannot properly be understood unless it is framed within the revelation of God’s twofold character as expressed by God’s own declaration and as displayed in the burning bush.

As God comes to Moses, He announces Himself as “the God of your father, the God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob” (Ex 3:6). Here God identifies Himself as the covenant God, the One who has sovereignly initiated a relationship with His people. The first thing that God wants Moses to recognize is that He is a God who is with His people (v. 12), who will deliver them from Egypt (v. 8), and who has redeemed them for the purpose of worshiping Him alone (v. 12). God is accomplishing His covenant promise to Israel through Moses.

Moses recognizes the sheer weight of this call from God. So he hesitates. He looks for a way out. He first points to his own insufficiency (“Who am I?”; v. 11), and God points back to His all-sufficiency (“But I will be with you”; v. 12).

But then Moses asks something that might, at first glance, seem strange. He wants to know God’s name. The reason he asks for God’s name is because, as we see in the Old Testament, the name of someone often designates the character of the person. Moses is asking God for a revelation of His character so that Israel may know that the One who has called Moses is sufficient. He is able to achieve the deliverance promised.

The name that God gives to Moses—“I AM WHO I AM”—is a revelation of God’s utter and complete self-sufficiency. It is a revelation of God’s aseity. He alone is of Himself (a se). God, and only God, is dependent on nothing. And this means, for Moses and for Israel, that God is not dependent on Pharaoh’s cooperation to accomplish what He has promised.

This name of God—“I Am”—is the root form of the name Yahweh. John Calvin rightly says that this name is given to us in the Old Testament “that our minds may be filled with admiration as often as his incomprehensible essence is mentioned.” That “incomprehensible essence,” given in the name Yahweh, is mentioned more than five thousand times in the Old Testament.

In Exodus 3, therefore, God identifies Himself in two ways. He tells Moses that He is the covenant God, who is with His people, and that He is the self-existing God, who needs nothing in order to be who He is and to do what He purposes to do.

This brings us to the burning bush. The purpose of that miracle was not simply that Moses might be amazed; it was to display God’s own twofold character that He had announced to Moses. The burning bush illustrates what theologians call God’s trascendence and immanence. The revelation of the burning bush was a revelation that the “I Am” is and always will be utterly independent and self-suffiicient. He is fully and completely God even as He promises and plans to “come down” (Ex 3:8) to be with His people and to redeem them. The burning bush points us to that climactic revelation of the One who is fully and completely the self-existing God, who comes down to redeem a people, and who is Immanuel (God with us). It points us to Jesus Christ Himself (Matt 1:23; 28:20).

The revelation of God’s twofold character in Exodus 3 is essential to grasp for all who seek to engage in the biblical task of apologetics. No other religion on the face of the earth recognizes this kind of God. The faith we defend is wholly unique. It begins and ends with the revelation of this majestic mystery of God’s character given to us in Holy Scripture.

Die “Wildtuin”

Dalk was jy ook al in ‘n situasie waar iemand jou vra of jy ‘n sekere persoon of figuur uit die samelewing ken. Dalk is dit nogal ‘n belangrike en bekende persoon; iemand vir wie jy skool gegee het en wat nou roemstatus in die samelewing en selfs in die wêreld bereik het op grond van ‘n besonderse prestasie. Of iemand verwys na ‘n persoon en skielik besef jy dat jy en daardie (bekende/welbekende) persoon op ‘n dag “ontmoet” het. Dan sê ons maklik op die aanvanklike vraag, ja, en dat ons die persoon ken. En dit gee so ‘n lekker gevoel, want dis mos lekker om iemand “belangrik” te ken of met die persoon te assosieer. Maar die vraag is of ons werklik daardie persoon ken? “Ken” impliseer “kennis”. Dalk bedoel ons eerder dat ons van die persoon weet; dat ons êrens van die persoon gehoor het, en in die verbygaan ‘n woordjie gewissel het of fisies naby die persoon verbygestap het. Beteken hierdie “ken” werklik ‘n diepliggende kennis – van sy/haar karakter, persoonlikheid, denke, belangstelling, vermoëns, etiese raamwerk en gedrag? Kortom, ken ons die persoon werklik en in totaliteit? Dis natuurlik ‘n vraag wat elkeen eerlik vir hom- of haarself moet/kan beantwoord.

Nou wat, sou jy vra, het dit alles met die opskrif van hierdie post te make? Ons is vandag so vasgevang in die alledaagse roetines of in die konkrytoerwoud, dat ons soms nie besef waaroor die lewe gaan nie of wat die sin van alles is wat ons in die gejaagdheid ervaar nie. Ons gaan maar net aan en aan en aan … en besef nie “Wie” eintlik werklik sin aan alles gee nie. Ons weet van ‘n “Bron”, ‘n “Persoon”, ‘n “Skepper”, ‘n “Intelligente Ontwerper”, maar ken ons “Hom” werklik? Ken ons die “Persoon” se karakter? En dan die vraag, hoe kan ons “Hom” waarlik leer ken? My idee is nie om slegs in aanhalingstekens te praat nie, so asof alles maar net neutraal is, of dat dit maar goed is om so in vaaghede te gesels nie. Nee, kom ek wees spesifiek. En kom ek begin by die belydenis wat lui: “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde”. Om dit bely, is om ook te sê dat ek graag my Skepper meer en meer wil leer ken. Ek wil met Hom assosieer of met Hom meer en meer geassosieer wees. Ek wil Hom leer ken deur sy Woord en deur sy skepping/die natuur – daar waar Hy homself openbaar. Ek het van hierdie twee, noem dit ‘openbaringsbronne’ so ‘n besonderse prentjie gekry toe ‘n vriend van my op ‘n dag vir my vertel dat hy en sy gesin op ‘n pad naby Satara in die Kruger Wildtuin en naby ‘n dam die motor op ‘n Sondag afgeskakel het, die radio aangeskakel het en daar in die natuur na die Sondagpreek geluister het en uit die Woord gehoor het wat hy ook daar saam met sy gesin in die natuur beleef het.

Wanneer ek dan vervolgens oor die Wildtuin uitwei en wat dit in my as’t ware losmaak, kan ek nie anders as om my Skepper raak te sien en te eer as dié Een wat in sy voorsienigheid en beskikking my in hierdie voorreg te laat deel nie. Nie almal sal sekerlik my liefde en, daardie woord wat vele so maklik deesdae gebruik – passie – vir die wildtuin of sommer net kortweg die Kruger, deel nie. En daarom is dit soms so moeilik om met ander of sekere mense daaroor te gesels, of eerder, tot sulkes deur te dring. Ek kan amper tong in die kies sê dat dit nie in almal se raamwerke (lense) in-pas-sie. Vir sulkes is dit ook pas-sie! Maar kom ek probeer iets van die gevoel hierbinne my beskryf, en wat die Kruger in my losmaak.

Wanneer ek oor die Kruger dink (ander dalk oor die Karoo of watter natuurfaset ook al), sien en dink ek prentjies. Ek sien ‘n sonsondergang en sonsopkoms met kleure en silhoette wat kalmeer en gevoelens opdiep, jou stil en in verwondering laat. En tog skree hierdie stilte op ‘n draai in die pad met die nat spoor van olifantmis op ‘n manier dit uit – ‘n nuwe dag en nuwe nag het aangebreek en my gemoed is rustig. Maar dit werk nie altyd uit soos wat ‘n mens dink nie. Die diere kom nie na jou aangestap nie. Soms wonder ‘n mens na jy ente en ente gery het, of daar wel diere is. Dit laat my dink aan die hengelaar wat met groot entoesiasme vir hom ‘n visstok en al die bykomstighede aangeskaf het, en daarna viswater toe is, om terug te kom met die opmerking en slotsom dat daar nie vis in die see is nie. In dieselfde trant was iemand se gevolgtrekking na ‘n wildtuinuitstappie dat daar nie leeus in die wildtuin is nie. Ja, almal wil graag in die voorste stoele sit wanneer ‘n luiperd by sy vangs in die boom lê of luilekker met al vier bene oor ‘n sytak hang. En tog gebeur dit nie sommer so nie.

Vir my is ‘n wildtuinervaring ‘n jagtog (en beslis nie ‘n jaagtog nie). Jy moet die diere soek, stilhou, wag, weer kyk en weer kyk, terugdraai, omdraai, ‘n ander pad vat, al is dit net om te sê dat die bok wat jy gesien het net ‘n droë ‘tak-bok’ was. Dan besef ‘n mens dat die Wildtuin nie net oor die ‘wild’ gaan nie, maar ook oor die ‘tuin’. Die een kan nie sonder die ander nie. Die droë tak of dooie boom wat met voëlneste vir jare al in ‘n dam hang, of die savanne-grasveld, appelblaar-, wildevy-, hardekool- en worsbome bekoor ook, en hou ‘n mens vasgevang. Kyk net fyn. Ek reken na alles gaan dit oor die “bril” waardeur jy na alles om jou kyk. As ek dan die Woord van God as “bril” opsit en ek kyk na die skepping (sy “tuin”), na God se handewerk, of eerder woordewek (my eie woordskepping, maar ek glo dat jy verstaan, want God het gespreek en dit was daar), dan vra ek vrae vir myself en redeneer ek (bevrydend vanuit hierdie wêreld met al sy beperkinge) aan die hand van die volgende:

  • Besef ons werklik hoe groot God is? (Uiteindelik sal ons seker nooit sy volheid en grootheid kan deurgrond nie – ten minste nie in hierdie bestel nie)
  • Staan ons nog in verwondering en kyk na die skepping en na God en verheerlik ons Hom vir dit wat ons uit genade uit sy hand kan geniet?
  • Besef ons werklik dat God heilig is en wat sy heiligheid alles inhou? (Terloops, die een karaktertrek van God wat in die Bybel in die oortreffende of tot die derde mag beskryf word, is sy heiligheid – “Heilig, Heilig, Heilig …”
  • Kan ons nog mekaar in die oe kyk en erken dat ons teenoor God klein en nietig is en eintlik in baie gevalle sonder wysheid en insig optree?
  • Andersins, besef ons nog hoe beperk ons denke is teenoor ‘n Alwyse, Alomteenwoordige en Ewige Drie-enige God?
  • As ek dan in die skepping, in die Krugerpark, myself bevind; dan sal ek soms opmerk: Hoe kan mense nie glo of besef dat daar ‘n God, ‘n Skepper is wat alles geskep het (ook vir my en jou), en steeds alles onderhou en daaroor regeer nie? Vanuit die Bybel en Psalm 14 spesifiek staan geskryf dat dit ‘n dwaas is wat in sy hart sê dat daar nie ‘n God is nie.
  • In hierdie groot heelal is ek as’t ware ‘n spikkel en dit laat my uitroep: Wie is ek, Here, dat U aan my dink? En dan kan ek voortgaan en nog verder uitroep: Wie is ek dat ek U geringskat en my eie kop wil volg en reken dat ek al die antwoorde en planne het en maar net kan aangaan, asof God nie bestaan nie? Ek wil in die wêreld so graag aanvaar word, met bekende en sogenaamde belangrike mense geassosieer word, erkenning geniet, op die hande gedra word, maar ek ken nie God nie – die (ware) Bron van wysheid en insig, lewe, verlossing, genade, liefde en vrede! Hy is die Een wat waardig is om geprys te word – Hy wat gister, vandag en môre dieselfde is. Hy verander nie; sy woord is vas en seker, Hy weerspreek homself nooit nie. Hoe kan ek dan nog as die dag (nog ‘n dag in my lewe!) rooi in die Wildtuin breek, nie opkyk en my hande uit hulpeloosheid na God uitsteek (soos ‘n afhanklike en hulpelose baba) en bely: In U hande wil ek wees en wil ek gedra wees; U wil ek ken.

El sluit af met ‘n gedagte en boodskap wat ek raakgelees het:

“God’s incommunicable attributes [daardie kenmerke/karaktertrekke wat nie deel van ons as mense is nie] point to the way in which God is different from us and the way in which He transcends us. His incommunicable attributes reveal why we owe Him glory, honor, and praise. We stand up and give accolades to people who excel for a moment and then are heard no more, and yet the One who has the very power of being in and of Himself eternally, upon whom every  one of us is absolutely dependent and to whom we owe our everlasting gratitude for every breath of air that we take, does not receive the honor and glory from His creatures that He so richly deserves. The One who is supreme deserves the obedience and the worship of those whom He has made.”

Lees en vergelyk Hosea 4:6

Groetnis!