“… te onderrig en te laat onderrig”: die opdrag aan verbondsouers te midde van die sinkretistiese lewensbeskouing

  1. Inleidende gedagtes

Soos wat ek hier aan die blogpost werk, is die matriekuitslae en die berigte daaroor in die media nog vars in die geheue. Verskeie verhale van die kandidate en hulle opofferings is ook in die media aangebied. Die opskrifte in koerante het die vasberadenheid van matrikulante saamgevat en het opsommend gewys op ‘n gesindheid waar onderkry maar min was. Van gesondheidshindernisse tot ander persoonlike struikelblokke het as opskrifte gepryk. Dan weer het top kandidate hulle geheime vir sukses gedeel en so het die land kennis geneem van uitsonderlike prestasies, uitdagings en suksesse. En ouers het met trots daarin gedeel. En gelukwense het ingestroom!

Daar is geen twyfel om vanuit bostaande te aanvaar dat die ouers se rol in terme van aanmoediging en motivering nie onderskat kan word nie. Uit my ervaring en soos ek die onderwysomgewing en samelewing meer en meer bekyk, sien ek die moeite wat ouers doen om aan hulle kinders ‘n breë blootstelling te gee en uit te styg. Dit is deel van ouers se ideale vir hulle kinders. Ouers sien in hulle geestesoog alreeds dat hierdie kind van hulle die hoogste ‘sport’ gaan bereik en daarvoor moet geen steen onaangeroer gelaat word om dit te bereik nie. Van vroeg al in kinders se lewe wag daar professionele afrigting, ekstra klasse en bykomende programme en mettertyd sport- en ander toergeleenthede (soms selfs oorsese besoeke). Dit is ‘n situasie wat van mededinging en wedywering getuig. En skole doen ook moeite om die resultate en uitslae te vier. Ook dit is deel van die koerante en ander media se terugvoer. Die talent en prestasies word in vergaderings en in nuusbriewe, in gesprekke en oor die sosiale media met foto’s en al gedeel en onderstreep. Grafieke word opgetrek en uitslae en ander prestasies word aangeteken en van jaar tot jaar opgedateer. So glo baie dat die bedoeling is om die beste van elke geleentheid te maak. In die proses word geen kostes en moeite as te veel ontsien nie. Die ekstra tyd spandeer om die beste geleentheid te gryp, gaan nie noodwendig oor die tekort of gebrek aan prestasie, talent of blootstelling by ons kinders nie, maar oor die behoefte om nog beter en nog hoër en verder te gaan, en om die beste weergawe van jouself te wees – soos die hedendaagse uitdrukking lui. En dit word gedoen met ‘n dissipline wat getuig van stiptelikheid, en volharding en die gereelde bywoning van skool, van oefeninge of watter sessie ook al. Die terugvoer vanaf ouers en hulle kinders is dan ook baie positief, en gou kom ‘n mens onder die indruk van die prestasies en kennis en waarde van die ekstra blootstelling vir die kinders, vir personeel en buite-afrigters en uiteindelik ook vir die gesin, familie, skool en hulle profiel in die samelewing, die land en wêreld. Hierdie profiel word dan ook met trots na onder andere die skool se webwerf en via ander sosiale media platforms oorgedra. En so word die skool in totaliteit met presisie en passie bemark of ten toon gestel.

Nou moet ek onmiddellik sê om geleenthede vir kinders tot verdere ontwikkeling aan te gryp, is lofwaardig. Dit kan nie maar net sondermeer as onnodig afgemaak word nie. Die vraag wat egter deurentyd gevra moet word, is of dit alles nie ten koste van iets anders is nie? Of eerder, wat dryf die inisiatiewe? Wat is die diepste motief? En wat is die uitgangspunte? Spesifiek, word daar steeds deur alles primêr/basies of as vertrekpunt gefokus op die vestiging van ‘n lewensbeskouing waar Christus die sentrale fokus is – Hy wat al die uitgange van ons lewe bepaal en rig? Doen ons as ouers steeds ons plig om by ons kinders dit in te skerp dat alles wat hulle en ons doen deur die ‘bril’ van ons Bybelse beginsels bekyk en beoordeel moet word? Of word ‘n lewenstyl ontwikkel waar dit net gaan oor my eie ideale/drome en waar ekself die hoogste standaard van my eie lewe word, om so self my geluk te bepaal as meester en kaptein van my eie lewe? Begin ons eers by die wêreld en gedryf deur wêreldse oortuigings en standaarde om daarna ons lewe met Bybelse begrippe in te kleur? As ek na my skoolwerk, my belangstellings, my drome/ideale kyk, is dit ‘n uitvloeisel/gevolg van my dankbaarheidslewe en om God se wil in my denke en doen en late af te bid? Soek ek as verbondsouer saam met my verbondskind eerstens die koninkryk van God? Heelwat vrae ontstaan en is beslis nadenke en antwoorde werd.

Maar kom ons maak eers ‘n ander draai!

2. “… te onderrig en te laat onderrig”: die opdrag aan verbondsouers

Terug na die titel van my post. Die titel van hierdie post (veral die eerste deel daarvan) kan by die lees daarvan na nie veel lyk nie, en sommer net by ‘n mens verbygaan. Die wat egter bekend is met die formulier van die Heilige Doop, behoort dit te herken as ‘n gedeelte waarop verbondsouers moet antwoord. By elke doopgeleentheid het ek nog elke keer net ‘n klinkende “Ja” op die vraag en opdrag gehoor. Waarvoor sê die verbondsouers “Ja”? Die verbondsouers belowe hierdeur dat hulle die opdrag sal uitvoer – dat hulle hul plig sal nakom. Ter wille van duidelikheid en perspektief, stel ek die volledige vraag: “Belowe u en neem u u voor om hierdie kind (kinders), van wie u die vader en/of moeder is, wanneer hy (sy/hulle) dit kan verstaan, in die genoemde leer na u vermoë te onderrig en te laat onderrig?” (eie beklemtoning). Wat is die “genoemde leer” waarna verwys word? Dit is: “… die leer wat in die Ou en Nuwe Testament en in die Artikels van die Christelike geloof vervat is en in die Christelike kerk … geleer word, die ware en volkome leer van die saligheid”. “Saligheid”? Dit wys op volmaakte geluk wat net God kan gee en deur sy Woord gee. Geluk, (of eerder seën/saligheid) – werklike geluk wat vir altyd bly, kry ‘n mens net deur God se Woord, deur die Bybel. Gereelde lees, ondersoek van, goed nadink oor die Bybel, is baie belangrik. Saam hiermee gaan die verstaan van die Bybel, die inneem van wat ek in die Bybel lees in my gedagtes en in my hart en dan om volgens die Bybel te leef. Ek behoort te verlang om in die erediens te wees, want daar is God se Woord oop en luister ek saam met ander gelowiges wat God vir die gemeente en vir my sê. Die mens wat gelukkig wil wees, sonder die Bybel, sal bedroë daarvan afkom en werklike geluk nie vind nie. Die saligheid gaan oor Jesus Christus – Hy wat gekruisig is, uit die dood opgestaan het en die middelpunt van die wêreldgeskiedenis is. Elkeen wat aan Christus behoort en vir Hom leef, is salig. Dis hulle wat glo dat Jesus Christus vir al ons sondes aan die kruis gesterf het en vir ons uit die dood opgestaan het. En dit is hierdie saligheid wat aan ons verbondskinders voorgehou en voorgeleef moet word, en waarin hulle moet opgroei. Meer nog, ons verbondskinders moet deur onderrig en die bemoeienis van die ouer ons Saligmaker, Jesus Christus, leer ken en hom liefhê. As verbondsouer het jy op hierdie opdrag en taak “Ja” geantwoord. Eggo die woorde van Matteus 6 vers 33 nog in jou ore, vir jou en jou kind: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word”.

Dit gaan in wese ook oor die vestiging van die Christelike lewensbeskouing by ons kinders soos hulle opgroei. Sonder die Bybelgefundeerde onderrig in die volkome leer van die saligheid, is en raak ons kinders ankerloos en dobberend op ‘n seë van vreemde en anti-Christelike invloede wat meesleur. Wat uiteindelik gebeur, is dat ‘n lewensbeskouing aangegryp word, gebou op die eie ek, mensgesentreerd – waar die mens die hoogste standaard word en hy self sy eie leer uit ‘n veelheid van idees, opinies, filosofieë en afgodiese invloede saamstel.

Ek wil dit weer beklemtoon dat dit nie nou in die eerste plek gaan oor die verkryging van ‘n A-simbool, of oor provinsiale en nasionale kleure, of oor persoonlike oorwinnings en prestasies en suksesse en bereiking van doelwitte nie. Dit gaan nou in die eerste plek oor God se Koninkryk en hoe dit jou as verbondsouer en verbondskind op alle lewensterreine rig en behoort te rig.

3. Die opdrag aan verbondsouers te midde van die sinkretistiese lewensbeskouing

Nou, terug na die tweede gedeelte van die titel. Ons sit deesdae met ‘n al hoe groter wordende uitdaging en werklikheid. Na aanleiding van ‘n blogpost deur Ken Ham in “Answers in Genesis” met die volgende opskrif “Only 3% of Children Have the “Cornerstone Beliefs” that make a Biblical Worldview”, het ek gewonder en gereken om ‘n bietjie dieper te kyk, veral dan na ons eie Christelike jeug se lewensbeskouing. Alhoewel die spesifieke artikel oor die Amerikaanse situasie handel, wil ek tog op grond van die data en opnames en navorsing perspektief gee.

Ek reken dat jy as leser sal saamstem dat 3% soos in die titel van die genoemde blogpost aangedui ‘n ontstellende bevinding is. Tog wil ek net noem dat ek die statistiek en bevinding hoofsaaklik wil gebruik as aanknopingspunt en om opnuut na sekere vrae of kwessies te kyk en onder lesers se aandag wil bring.

Kom ons kyk eers na die uitkoms van die opname wat geloods is. Ek stel net eers die 7 hoekstene wat deur die Cultural Research Center at Arizona Christian University in hulle ondersoek gebruik is. Ek plaas in hakies die persentasie van mense wat die spesifiek gestelde ‘hoeksteen’ glo:

  1. God bestaan en Hy is alwetend, almagtig, die volmaakte Skepper en regeerder van die heelal [69% glo dit]
  2. As ‘n sondaar is daar alleen een oplossing vir die gevolge van sonde deur jou sonde te herken en te erken; om God vir vergifnis te vra deur Jesus Christus en op Hom te vertrou om jou van die gevolge van die sonde te bewaar. [36% glo dit]
  3. Die sonde is ‘n werklikheid en betekenisvol. Ons is almal sondaars uit eie keuse. [35% glo dit]
  4. Jou grootste rede vir jou lewe is om te doen wat God wil. [27% glo dit]
  5. Jy vertrou die Bybel omdat dit volkome waar en persoonlik relevant vir jou lewe is. [25% glo dit]
  6. Die Bybel voorsien ‘n volledige en betroubare begrip van wat reg en verkeerd is. [21% glo dit]
  7. Sukses is om konsekwent te doen wat die Bybel leer. [17% glo dit]

Verseker kan bogenoemde hoekstene verder uitgebrei word, of eerder, daar is beslis meer om die lyf wanneer oor ‘n Bybelse lewensbeskouing en die ontwikkeling daarvan by kinders (maar ook by volwassenes) geredeneer word. Ek gaan egter nie hieroor nou in fyner besonderhede in nie.

Iets wat wel vir my in die genoemde blog artikel van Ken Ham uitstaan en my oog onmiddellik getref het, is die volgende paragraaf en aanhaling: “So what worldview are these children forming? Researcher George Barna says it’s a worldview of syncretism—the dominant worldview in the West today as people combine a little bit of this and a little bit of that into a religion of their own making” (eie beklemtoning). Dan gaan George Barna verder en verduidelik: “They are following in the footsteps of their parents, only 2% of whom have a biblical worldview, and 96% of whom are Syncretists (dit is, aanhangers van die sinkretisme – ‘n filosofiese beskouing waar verskillende geloofsinhoude, of verskillende stelsels, of verskillende lewens- en wêreldbeskouings wat op botsende grondslae berus, verenig of vermeng word). That mindset and lifestyle is modeled for their children every day and has become the comfortable default position among most adults, teens, and children who call themselves Christian” (eie invoeging en beklemtoning).

Vanuit voorafgaande aanhaling en om enige onsekerheid of twyfel te vermy, wil ek dit beklemtoon dat dit hier gaan oor die sinkretistiese lewensbeskouing wat deur mense gevolg en geleef word wat hulleself ook as Christene beskou. Maar daar is ‘n verdere kwalifikasie waarvan kennis geneem moet word. Sekerlik het u as leser al gehoor van die uitdrukking om God en Mammon te dien. Dit kan ook beskryf word as ‘n lewensbeskouing wat as ‘n plus-godsdiens beskou word – die Bybel plus eie idees/voorkeure, ander kulturele goedere, tradisies, en so meer. In werklikheid kan uiteindelik ook van ‘n minus-godsdiens gepraat word – minus die Bybel en die ware en volkome leer van die saligheid. Die minimalisering/redusering/verkleining van God en die Bybel, en dit alles teen die agtergrond en wete en sekerheid dat die Bybel, die onveranderlike en onvervalste Woord van God is waaraan nie getorring, weggeneem of bygevoeg kan word nie en wat ons totale lewe behoort te bepaal en rig.

Terug na die navorsing en opname van George Barna. Ouers behoort sy bevindinge, ongeag of dit met die Amerikaanse situasie in verband gebring is, nie net sommer te ignoreer nie. Dit behoort ouers in hulle treë te stop en diep te laat nadink en te oorweeg wat die prioriteit van onderrig in die wee van God op eie werf het. Ken Ham verduidelik treffend verder: “And that doesn’t just mean teaching children good morals from God’s Word so they do what is right. It means teaching them the theology and doctrine of God’s Word so they can look at the world through the right lens. It means teaching them the gospel so they understand what Jesus did for them and how they can be saved. It means always taking everything back to Scripture as the ultimate authority” (eie beklemtoning).

Bostaande verwysing na die sinkretisme waar genoem word dat die oorgrote meerderheid van die jeug (weliswaar in die VSA) in die voetspore van hulle ouers volg en die stelling gemaak word dat 96% sinkretiste is, is om die minste te sê baie ontstellend. Om egter net in die verbygaan te noem dat baie as sinkretiste beskou word, is nie genoeg nie. So, kom ons gaan kyk in meer detail na die sinkretistiese lewensbeskouing.

4. Die sinkretistiese lewensbeskouing – kenmerke

Dit is voorwaar ‘n gevaarlike en verraderlike beskouing waarvan elke Christen-ouer en Christen gelowige deeglik van kennis moet neem. Ek gaan in hierdie post nie die sinkretisme as lewensbeskouing en sy kenmerke in sy fynste besonderhede ontleed nie. Ek het reeds die wese van die sinkretisme soos dit uit vele voorbeelde en vorme blyk, nagevors en my doktorsgraad mbt die invloed van die sinkretisme op spesifiek ook die moderne onderwys hier te lande nagevors en tot sekere gevolgtrekkings gekom. Kom ek beskryf kortliks die kenmerke van die sinkretisme en wat die effek daarvan is op lewensbeskouings/visies/denke/praktyke.

Wat of hoe dink en doen ‘n sinkretis? Of, hoe herken ‘n mens ‘n sinkretis? Neem net kennis dat van die karaktertrekke van die sinkretis ook by ander persoonlikheidstipes mag voorkom. Daarom moet die volgende in samehang gelees/bestudeer word:

  • Vir die sinkretis is godsdiens belangrik. Die sinkretis het egter ‘n intergeloofsbenadering. Alle godsdienste word in ‘n mindere of meerdere mate betrek en geakkommodeer met die valse idee dat jou Christenskap steeds te midde daarvan uitgeleef kan word. Die sinkretis staan sterk op eenheid of vereniging. Dit beteken vir die sinkretis dat verskeie religiee (religieuse pluralisme) erken word en as deel van een kosmiese bewussyn beskou word.
  • Die sinkretis verkondig ‘n eenheid waar daar slegs sprake van ‘n “god” is. Vir die sinkretis is “God” inklusief. Daar is net verskillende paaie na dieselfde “God”. So het ek al gehoor van mense (ook in die onderwys) wat daarop aanspraak maak dat die waardes in hulle skool waar verskeie godsdienste geakkommodeer word, vir almal geld aangesien waardes universeel is. Die waardes is tog vir almal van toepassing, want waardes is waardes – of so word geglo.
  • Die sinkretis ontken God Drie-enig as sentrale figuur. Die sinkretis is van die oortuiging dat die God wat die Christendom bely, nog steeds (saam met alle ander gode) belangrik is. God word naas ander gode gestel – ook naas die mens self wat homself verhef deur selfvergoddeliking.
  • Die sinkretis is van oortuiging dat die Bybel slegs een bron uit ‘n veelheid waarhede is wat ‘n lewens- en wêreldbeskouing kan help vorm. So byvoorbeeld het die navorsing aangetoon dat, benewens Bybels-Christelike ideale, die ideaal van nasionale eenheid met sy onderliggende filosofiese denkrigtings dikwels daartoe kan lei dat die Bybel as rigtinggewende grondmotief sy unieke trefkrag in die bepaling van die mens se lewens- en wêreldbeskouing kan verloor.
  • Die sinkretis glo dat Bybelse waarhede nie vir tyd en ewigheid geld nie en deur addisionele en alternatiewe beskouings betreffende die werklikheid aangevul behoort te word. So sal mense redeneer dat ons nou in ‘n ander en moderne tyd lewe en dat ons aanbeweeg het en nie alles meer kan glo wat in die Bybel staan nie.
  • Die sinkretis het ‘n eiewillige en outonome, menssentriese denkpatroon. In eerlike en reguit Afrikaans sou iemand kon sê dat ‘n persoon met so ‘n denkpatroon nie hom of haar laat sê nie. Dit bevorder die vestiging van alternatiewe lewensbeskouings wat, in kontras met die Bybel, die idee huldig dat die mens wel ‘n verdienstelike bydrae tot sy redding kan lewer. Die mens kan dus self deur byvoorbeeld net aan ander goed te doen, deur liefdadigheid en verskeie projekte redding verseker. En dit, sonder om my aan die totale heerskappy van God te onderwerp.
  • Die sinkretis kom toenemend in opstand teenoor God en raak meer en meer afvallig en uittartend. Die sinkretis plaas sy talente, gawes, voor- en afkeure in die sentrum. Waar die Bybelse mensbeeld impliseer dat die mens die beeld van God deur sy talente en gawes, hoe langer hoe meer, tot die uitbouing van God se koninkryk moet aanwend, is die sinkretis iemand wat wel die talente en gawes waarmee hy toebedeel is, erken, maar dit bloot tot sy eie eer of tot die mensdom se eer wil aanwend. Anders gestel: Die outonome mensbeeld wat die sinkretis voorhou, impliseer dat hy byvoorbeeld die kreatiewe gawe van skep uit materiaal of die gawe van verstand (rede) in so ‘n mate wil aanwend dat hy die rasionele en kreatiwiteit uiteindelik verabsoluteer as ‘n wyse om self “God” te word en beheer oor sy lewe te neem. As leser het jy sekerlik al kennis geneem van die uitdrukking dat iemand die kaptein van sy lewe is. So ontken die sinkretis die gesag van God as die enigste gesag in hemel en op aarde. I Horn wys soos volg op die uiteindelike effek of implikasie hiervan vir kinders: “…, children will come to accept that natural science and religion are essentially incompatible, that the mind must keep them in separate, logic-tight compartments, and that it is natural science which is the real source of authoritative knowledge.
  • ‘n Ander aspek wat die sinkretis op dieselfde wyse verabsoluteer, is die wilsaspek van die mens. So byvoorbeeld is die mens geskep met die wil om te leer en kennis te verwerf deur die aanwending van verskeie onderrig- en leerstrategieë. Wanneer die onderrig en leer op so ‘n wyse plaasvind dat kinders toenemend sy eie potensiaal as onbeperkte potensiaal moet ontdek en die verwerwing van kennis gesien word as ‘n wyse om volmaaktheid te bereik sonder om rekening te hou met die Bybelse grondmotief van sonde, straf en verlossing, word leer en onderrig bloot  as ‘n proses van evolusie beskou. Die New Age-onderwys se aanwending van tegnieke soos meditasie (as ‘n lewenslange proses) en visualisering, asook die idee van waardeverplasing (waar die kind ontslae moet raak van waardes wat sy natuurlike en vrye ontwikkeling kniehalter), is alles maniere wat die sinkretis aanwend om self buite God om, sy eie heil uit te werk.
  • Die sinkretis se “voetspore” is ook sigbaar in dokumentasie soos wetgewing, witskrifte, kurrikula, handboeke en ander bronne. Die sinkretis sal byvoorbeeld die volgende beskrywing as antwoord stel vir die vraag, “Wat is Natuurwetenskappe en Tegnologie?”: “Wetenskappe en Tegnologie het ‘n groot impak, beide positief en negatief, op ons wêreld. Kennis ontstaan uit ‘n siening van hoe die wêreld werk. Een van die verskille tussen die moderne wetenskappe en tegnologie en tradisionele, inheemse kennis stelsels is dat hulle hul oorsprong in verskillende wêreldbeskouings het. Soos met alle kennis, verander wetenskaplike kennis oor tyd wanneer wetenskaplikes nuwe inligting vind en mense hulle siening oor die wêreld verander” (NKV 2011, gr 4-6)(eie beklemtoning). Wat hier gesê en op afgestuur word, is dat Bybelse kennis en inhoude ook verander, en dat wetenskapbeoefening die verandering lei. In wat alreeds oor die sinkretisme in hierdie post gesê is, is dit duidelik dat God se almag en gesag en sy onveranderlike Woord nie binne die sinkretis se denkraamwerk geld of pas nie. Onthou net dat binne hierdie sinkretistiese denkraamwerk word nie erkenning gegee aan die woorde van Spreuke 1:7-8 nie: “Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag. My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie”. En ook die woorde van Psalm 111:10 is vir die sinkretis problematies: “Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.” Eerder sal die sinkretis hierdie woorde wil verander na: Wysheid begin met die dien van die self, en wat verder daaruit voortvloei – selfverafgoding, eie insig, en so meer.
  • Een van die belangrikste wagwoorde van die sinkretis is “inklusiwiteit”. Om inklusief te wees klink goed en positief. Maar die sinkretis se doel in die gebruik daarvan is baie wyd. Die sinkretis sluit dit wat in opposisie staan en wat nie saam hoort nie ook in en akkommodeer dit alles onder een sambreel. So byvoorbeeld word daar deesdae in skole geluide gemaak en selfs werklike aanpassings gemaak om inklusief te wees ten opsigte van sake/idees/praktyke soos “transgender”-kwessies. Die Wikipedia verduidelik “transgender” soos volg: “Transgender mense is persone met ’n gender-identifikasie wat verskil van die geslag wat by geboorte aan hulle toegewys is. Hulle word soms transseksueel genoem”. Sekere gemeenskappe rig dan die skool fisies vir sulke gevalle in. Hierdie hele tema van “transgenderism” is in stryd met die Bybel en God se skeppingsorde van man en vrou en die instelling van die huwelik.
  • Die sinkretis se ingesteldheid is om God se Woord te bevraagteken en te kritiseer (Skrifkritiek) as ‘n poging om die Bybel by die mens se eiewillige begeertes en idees aan te pas. Die Woord word dus verdraai of skeefgetrek deur by te voeg of weg te neem. Wat is die effek hiervan vir kinders se onderwys en opvoeding? Kinders kan onder andere nie konsekwent dit wat waar is van dit wat vals is, onderskei nie. So ‘n situasie is destruktief (afbrekend) van aard en verwar die kind betreffende die rol van godsdiens, en spesifiek God se Woord as norm, in sy lewe.
  • Die praktyk van die sinkretisme het die volgende verwarrende effek op ons en ons kinders, en ek wil dit graag as voorbeeld voorhou. Die volgende teenstrydigheid verduidelik dit soos volg: Sondag hoor die kind in die kategeseklas dat sy geloof in Jesus Christus uniek is. Hy leer dat daar naas die Drie-enige God van die Bybel geen ander God (norm) bestaan nie. Maandag egter, word hy in die skool aangemoedig om verdraagsaam teenoor ander godsdienste te wees, op grond van die siening dat dit die krag van een nasie bevorder. Uiteindelik word die kind as volwassene eendag met twee wêrelde (sekulêr en Christelik) gekonfronteer wat hy op grond van ‘n dualistiese (tweeslagtige) wyse soos volg sou inrig: Gedurende die week spandeer ‘n persoon tyd aan sy werk en poog hy om op alle moontlike maniere (toelaatbaar en minder toelaatbaar, subjektief of selfgesentreerd) ‘n sukses daarvan te maak. Sy godsdienstige ingesteldheid is een van Sondag gaan ek kerk toe, maar vanaf Maandag tot Vrydae is dit “business is business”. Ek reken die volgende aanhaling ten opsigte van ‘n kritiese ontleding van ‘n spesifieke kurrikulum stel die dilemma wat die sinkretisme meebring duidelik: “If children are to become mathematically and scientifically literate, they must acquire both the knowledge and the mental disposition that rejects contradictions and inconsistencies. Curriculum … demands therefore that children be taught to think logically, that is to recognise and reject contradictions. Yet at the same time Curriculum … also demands that in regard to belief and value systems children should accept contradictions and, in fact, regard them as of equal truth status” (I Horn).
  • In aansluiting by die idee en praktyk van Skrifkritiek, is die sinkretis onwillig om die benutting van dogma/belydenisskrifte, wat die mens na die ewige en enigste God lei en geloofversterkend gebruik kan word, aan te moedig. In baie gevalle word sulke geskrifte dan ook verdag gemaak, juis omdat dit onder andere inhoude bevat wat die Bybelse waarhede bevestig oor sake soos die uitverkiesing en God se karaktertrekke.

Ek kan nog heelwat uitwei oor die sinkretistiese lewensbeskouing, maar ek sluit hierdie gedeelte af met net enkele aanhalings wat wêreldwyd geld en wat as onderbou vir die sinkretistiese lewensbeskouing gebruik word en wat heel dikwels tot stryd/konflik op vele vlakke aanleiding gee.

  • Vir die Christen is Bybelgefundeerde norme, waardes en beginsels ‘n onontbeerlike faset in enige versoenings- en vredesaksie, meer nog – alle aksies binne byvoorbeeld skoolverband is waardebepaald. Vir die globalis (aanhanger van die globalisme), en so ook vir die sinkretis, is eenheid en wêreldvrede belangrik en wil hulle ook verskillende godsdienste betrek en gehoorsaam maak aan die ideaal van ‘n nuwe wêreldorde. Die Global Ethic Foundation sê: “No peace among the nations without peace among the religions; No peace among the religions without dialogue between the religions; No dialogue between the religions without investigation of the foundations of the religions” (Global Ethic FoundationHistory and aims)
  • Although children should learn about the history of religious moral practices, these young minds should not be indoctrinated in a faith before they are mature enough to evaluate the merits for themselves … As secular humanists, we are generally skeptical about supernatural claims … We consider the universe to be a dynamic scene of natural forces that are most effectively understood by scientific inquiry … Human beings can develop the self confidence necessary to ameliorate the human condition and to lead meaningful, productive lives. Secular Humanist Declaration (Council for Secular Humanism 1980). Hieruit vloei voort dat die sinkretis die oordeel en soewereiniteit van God deur sy eie subjektiewe en skeptiese oordeel wil vervang of wil ontken.
  • We attempt to transcend divisive parochial loyalties based on race, religion, gender, nationality, creed, class, sexual orientation, or ethnicity, and strive to work together for the common good of humanity” (Council for Secular Humanism).
  • Voorafgaande beginsel het besliste raakvlakke met die volgende verklaring in die Nasionale Kurrikulum Verklaring (NKV) soos deur die betrokke minister verwoord: “Sedert die aanvang van demokrasie het ons gepoog om die kurrikulum op die waardes deur die Grondwet (Wet No. 108 van1998) geϊnspireer, te skoei. Die Aanhef van die Grondwet verklaar die doelstellings van die Grondwet soos volg: Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid [social justice – BBA] en basiese menseregte te skep; Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gebaseer is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word; … Onderwys en die kurrikulum het ’n belangrike rol om in die verwesenliking van hierdie doelstellings te vervul” (eie beklemtoning). “Maatskaplike geregtigheid” klink verseker goed op die oor, maar dis nie wat ons dink dit beteken nie. In ‘n artikel getiteld “Social Justice Is Not Biblical Justice” (Answers Magazine) word Voddie Baucham soos volg aangehaal: “Social justice is about redistributing resources and opportunities.” Social justice is championed by movements such as Black Lives Matter, which has been likened to a religion. But in this religion, “the answer is something other than the forgiveness that we find through God in Christ,” Baucham said. “The answer is somehow you have to do enough penance. . . . This religion is promising salvation, somewhere other than God.” En dan gaan die artikel verder met die volgende: “Social justice leads us to believe that we can save ourselves apart from God and then build a just society. “And unfortunately,” Baucham added, “there are many Christians who are sounding like they’re satisfied with this” [en dit wys op die effek van die sinkretismeBBA]. Social justice is a call for collective penance from society for the accused sins of “structural, institutional racism” and “white privilege” rather than individual racism. Baucham said these differing viewpoints are confusing and further dividing people. Biblical justice is always about the gospel of God’s saving grace, with a focal point on forgiveness through Jesus. The gospel message is so powerful partly because it is the true story of equality: We are all born sinners—capable of the most heinous sins, including racism—and we all deserve God’s righteous wrath. But God so loved the world that whoever believes on his Son, Jesus Christ, will be saved”.
  • In die lig van die sinkretisme word godsdiens en kan die Christelike geloof as ‘n verdelende faktor beskou word wat deur eenheid, inklusiwiteit en verdraagsaamheid gekniehalter moet word. Wat ‘n mens behoort op te val, is dat die sinkretis te midde van die idee van verdraagsaamheid eintlik baie onverdraagsaam is teen ‘n godsdiensoortuiging wat eksklusief is en wat ander oortuigings uitsluit en wat dus as diskriminasie en “haatspraak” beskou kan word. Vir die sinkretis is die oplossing geleë in godsdiensgelykheid en godsdiensvermenging wat uiteindelik ‘n nuwe mensgemaakte godsdiens gebou op humanisme wil skep – die mens as die hoogste standaard en bepaler van sy lewe en die lewe.
  • Uit voorafgaande punt lei dit selfs tot wetgewing wat poog om die nuwe orde te reël en in stand te hou. Een so ‘n stuk wetgewing is die Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill wat op 20 Maart 2018 die lig gesien het. Dis nie ‘n stuk geïsoleerde wetgewing nie, maar het volgens my ten doel om die net van sinkretisme wyer te trek en ander verklarings en wetgewing te ondersteun, maar ook om alle samelewingsverbande te beïnvloed – ook die skool en die huisgesin. Alhoewel ietwat lank, haal ek ter wille van perspektief uit die “Preamble” van die spesifieke wet die volgende belangrike inligting aan: “SINCE the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, commits the Republic of South Africa and its people to establish a society that is based on democratic values of social justice, human dignity, equality and the advancement of human rights and freedoms, non-racialism and non-sexism; AND MINDFUL THAT— section 9(1) of the Constitution provides that everyone is equal before the law and has the right to equal protection and benefit of the law; section 9(3) and (4) of the Constitution provides that neither the State nor any person may, directly or indirectly, discriminate unfairly against anyone on one or more grounds, including race, gender, sex, pregnancy, marital status, ethnic or social origin, colour, sexual orientation, age, disability, religion, conscience, belief, culture, language and birth, and that national legislation must be enacted to prevent or prohibit unfair discrimination; section 10 of the Constitution provides that everyone has inherent dignity and the right to have their dignity respected and protected; the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, 2000 (Act No. 4 of 2000), prohibits unfair discrimination, hate speech and harassment and requires the State to promote the constitutional imperatives enshrined in section 9 of the Constitution; and section 16 of the Constitution gives everybody the right to freedom of expression, including
    • freedom of the press and other media;  
    • freedom to receive or impart information or ideas;
    • freedom of artistic creativity; and
    • academic freedom and freedom of scientific research, but that the right to freedom of expression does not extend to
    • propaganda for war;
    • incitement of imminent violence; or
    • advocacy of hatred that is based on race, ethnicity, gender or religion, and that
    • constitutes incitement to cause harm;” (eie beklemtoning)

Verseker is daar in bostaande wetgewing en so ook in ander wetgewing, wat onder andere byvoorbeeld bepalend vir die onderwys is, aanbevelingswaardige punte. Dit kan nie ontken word nie. Volgens my beskeie opinie en waarneming is die gevaar deur alles juis daarin geleë, in dat die wetgewing en die opeenstapeling van geïdentifiseerde fasette waarteen nie gediskrimineer mag word nie, soos ras, godsdiens, gewete, kultuur, seksuele oriëntasie, ens, ‘n verlammende en ‘n vreesaanjaende effek op mense mag hê; juis op grond van die moontlikheid van vervolging op grond van die moontlike aantyging van haatspraak. In so ‘n “klimaat” gedy die sinkretisme. Dit laat my dink aan die woorde van Petrus in Markus 14 vers 68, toe ‘n diensmeisie vir hom gesê het dat hy saam met Jesus was, waarna Petrus dit met die volgende woorde ontken en Jesus verloën het: “Ek weet nie waarvan jy praat nie en verstaan ook nie wat jy sê nie”. (SIEN AAN DIE EINDE VAN HIERDIE POST ‘N UITGEBREIDE LYS AS ADDENDUM SOOS UIT DIE WETGEWING AANGEHAAL TER WILLE VAN INLIGTING EN PERSPEKTIEF).

Maar, en dis ‘n groot maar, as Christen-gelowige kan ons nie verlammend, moedeloos of bevrees raak te midde van ‘n aanslag soos deur die sinkretisme geloods nie. Ek het vroeër in die post na ‘n aanhaling van Ken Ham verwys en ek wil dit herhaal en beklemtoon, veral omdat verbondsouers nie kan toelaat dat die prioriteit en verantwoordelikheid om God se wee op eie werf te onderrig deur ‘n louheid en ongeërgdheid agterwee bly nie: “And that doesn’t just mean teaching children good morals from God’s Word so they do what is right. It means teaching them the theology and doctrine of God’s Word so they can look at the world through the right lens. It means teaching them the gospel so they understand what Jesus did for them and how they can be saved. It means always taking everything back to Scripture as the ultimate authority” (eie beklemtoning). Tereg toon Ham aan dat ons nie in vaagheid kan verval nie, maar dat ons spesifiek moet wees. Daar mag geen twyfel wees oor wat bedoel word nie.

Die groot vraag wat ons as ouers en grootouers onsself moet afvra, is of ons nie al so meegesleur is deur die sinkretisme dat ons nie meer God as die heilige, lewende, onveranderlike en soewereine God in alle lewensituasies ken en eer – Hy wat alles geskep het en in stand hou nie? Of soos RC Sproul by geleentheid die volgende gesê het: “Without God man has no reference point to define himself“. Dink net vir ‘n oomblik oor die volgende vrae na, in die lig van die aanhaling van Sproul:

  • Hoe kan jy vir iemand bid sonder God as verwysingspunt? (Ons hoor soms so in die verbygaan dat mense uitroep “Ek hoop en bid dat jy die betrekking sal kry”, of “Ek bid dat jy in die eksamen sal goed doen”, of “Ek bid dat jy die span sal haal”. Die vraag is wie die verwysingspunt binne die sinkretistiese situasie is wanneer gebid word? Sonder God as verwysingspunt, raak die mens self die verwysingspunt).
  • Hoe het jy medelye met iemand sonder God as verwysingspunt?
  • Hoe bemoedig jy iemand sonder God as verwysingspunt?
  • Hoe verdedig jy jou geloof (die beoefening van die apologetiek) sonder God as verwysingspunt, en sonder kennis van God, sy karaktertrekke en diepliggende kennis en begrip oor die evangeliese boodskap en goeie nuus?
  • Hoe leer jy jou kinders deur jou voorbeeld sonder God as verwysingspunt?
  • Hoe weet jy wat reg en verkeerd is sonder God as verwysingspunt?
  • Hoe weet jy wat God se wil is mbt sake soos die LGBTQ-beweging sonder God as verwysingspunt?

5. Moralisme en die Evangelie

Nog iets oor die aanhaling van Ken Ham: “And that doesn’t just mean teaching children good morals from God’s Word so they do what is right“. Dit gaan nie net oor die morele nie. Dit ook, maar nog meer. Ek is die mening toegedaan dat die gevaar en effek van die sinkretisme onder andere daarin geleë is dat dit die ‘klimaat’ skep waar onderrrig morele lessies word en dat dit in moralisme verval. Wat bedoel ek hiermee? Sonder die verbintenis aan en erkenning van die enigste, heilige soewereine God, Skepper van hemel en aarde, Verlosser deur Jesus Christus en Gewer van wysheid en insig, word verval in ‘n valse evangelie soos deur moralisme verteenwoordig. Teen hierdie agtergrond raak alle gelowe se verhale en stories ewe geldig en het slegs waarde op ‘n horisontalistiese vlak, sonder die ware en blye Boodskap van die Evangelie. Albert Mohler in ‘n artikel getiteld “Why Moralism Is Not the Gospel — And Why So Many Christians Think It Is”, struktureer moralisme as “the belief that the Gospel can be reduced to improvements in behavior”. Mohler gaan voort en verduidelik: “Sadly, this false gospel is particularly attractive to those who believe themselves to be evangelicals motivated by a biblical impulse. Far too many believers and their churches succumb to the logic of moralism and reduce the Gospel to a message of moral improvement. In other words, we communicate to lost persons the message that what God desires for them and demands of them is to get their lives straight”.

Tog, soos na verwys, is die morele wel deel van elkeen se menswees. Mohler spreek hom soos volg uit: “In one sense, we are born to be moralists. Created in God’s image, we have been given the moral capacity of conscience. From our earliest days our conscience cries out to us the knowledge of our guilt, shortcomings, and misbehaviors. In other words, our conscience communicates our sinfulness”. Of soos iemand dit gestel het: “Are Christians to live morally? Yes, absolutely. Is God concerned with behavior? Yes, certainly. Can a moral life replace a person’s need for repentance and faith in Christ? No, it cannot. Moralism is no substitute for the saving gospel of Jesus Christ” (eie beklemtoning). Met ander woorde, ‘n mens se gedrag is belangrik, maar dis die gevolg van my regverdiging deur Jesus Christus – deur die ware Evangelie. En deur die werking van die Heilige Gees word toenemend ‘n lewe van heiligmaking, wat die dade van dankbaarheid (my gedrag) insluit, geleef. Meer en meer na die beeld van Christus! Wat ouerskap en ons plig betref, moet mooi gedink word, dat opvoeding – Christelike opvoeding en onderrig – nie ontaard en in moralisme verval nie. Hoe so? Mohler stel vir my met die volgende uitdrukking ‘n baie belangrike faset mbt verbondsouers se wyse van optrede in die huis, en moet die vraag onwillekeurig gevra word of dit nie iets is wat ons almal in ‘n mate van kleinsaf beleef het nie: “Add to this the fact that the process of parenting and child rearing tends to inculcate moralism from our earliest years. Very quickly we learn that our parents are concerned with our behavior. Well behaved children are rewarded with parental approval, while misbehavior brings parental sanction. This message is reinforced by other authorities in young lives and pervades the culture at large”. Die laaste sin in hierdie aanhaling is juis vir my ‘n verwysing na instansies soos die formele onderwys met spesifieke verwysing na openbare onderwys (waar sisteme/modelle in plek is om goeie gedrag te beloon en swak gedrag te straf met sekere sanksies). Tog kan enige tipe onderwys die gevaar loop om in moralisme te verval. Dink net aan die “onderwys” binne die gesin (sien my voorafgaande post). Klink die volgende tipe (afdreigende, maar dalk goed bedoelde) situasies bekend?

  • “As jy jou kamer nie netjies gaan maak nie, kan jy maar vergeet van televisie kyk”; (Pleks van die opdrag: Kry jou kamer in orde, pak reg en maak dit netjies)
  • “As jy nie jou kos opeet nie, kan jy ongelukkig nie nagereg kry nie”; (Pleks van die opdrag: Eet jou kos op!)
  • “As jy in die skool harder werk, kan jy dalk ‘n nuwe fiets kry”; (Pleks van die opdrag: Jy moet gereeld en hard werk, my kind)
  • “As jy jou nie gaan gedra nie, stuur ek jou kamer toe!” (Pleks van die opdrag: Gedra jouself reg!)

Dalk klink dit na die beste of bekendste manier wat ouers hulle kinders kan leer (soos ons almal dalk oor baie jare gedink het ons moet doen), maar hoe leer ons ons kinders eerstens en toenemend om God te eer? Hoe bring ons die opdrag “Kry jou kamer in orde, pak reg en maak netjies”, by die verheerliking van God uit?

Wat moralisme meebring, is die genoegdoening by ouers, die kerk die samelewing dat mense die regte ding doen, die ander maatjie mooi behandel en nie boelie nie, die wette gehoorsaam en van iemand ‘n oulike persoon maak wat deur baie geprys word. Maar dit is eintlik soos iemand dit hard en kras, maar tog treffend, gestel het: “But our communities are filled with people who have been “raised right” but are headed for hell”. Albert Mohler sê dat die meeste moraliste sal erken dat hy/sy sonde doen, maar darem nie in skandale betrokke is nie en dit word as genoegsaam beskou. “Got Questions” in ‘n artikel met die opskrif “What is moralism?” verduidelik treffend soos volg: “The moralist relies on his moral actions: if he prays, goes to church, and helps his community, then he is good with God. Moralism says that, if you don’t lie, cheat, steal, or cuss too much, then you are a good person and deserving of heaven. But the moralist is self-deceived in thinking that his good behavior somehow merits eternal life”.

Kortom: Moralisme kan nie die evangelie vervang nie, of daarmee gelykgestel word nie!

Soos reeds na verwys, moet ons wel verstaan dat moraliteit, waardes en die etiek belangrik is. Dit is belangrik vir God. Maar as Christene kan ons nie moraliteit, waardes en die etiese beoefen sonder dat dit in God en sy Woord geanker is nie. Trouens, dit vloei daaruit voort. Ons beoefen dit juis omdat ons as God se kinders daardeur vir Hom die dank en eer wil bring vir sy verlossingswerk deur Jesus Christus wat nie net vir ons gesterf het nie, maar ook die volkome sondelose lewe en leer geleef het. So, daar is werke, dade, woorde en denke betrokke by die Christen se lewe, maar as uitdrukkings van ‘n dankbaarheids- en gehoorsaamheidslewe. Soos reeds na verwys, bring ons geloof in Jesus Christus dus ook dade voort. Aaron Armstrong stel dit in ‘n artikel met die opskrif “All of the Above: Morals, Moralism, and Christianity” soos volg: “Our morals, our desire to live a virtuous and ethical life, stem from God’s desires for us as well. We should want to be honest and trustworthy. We are commanded and expected to be so, in fact”. Dit word onderstreep deur Spreuke 11:1 met die woorde: “‘n Vals weegskaal is vir die HERE afstootlik, maar ‘n egte gewig geniet sy goedkeuring”; en Spreuke 12:17 spreek duidelik met die woorde: “‘n Betroubare getuie bring na vore wat reg is, maar ‘n vals getuie net wat bedrieglik is”.

Die korrektief/regstelling/kuur vir moralisme word deur die apostel Paulus in Galasiers 2:16 soos volg verwoord, as hy op die volgende aandring, en verbondsouers moet hiervan kennis neem: “16 en tog weet ons dat ‘n mens nie op grond van die uitvoering van die wet geregverdig kon word nie, maar slegs deur die geloof in Jesus Christus. Ook ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons regverdig verklaar kon word op grond van geloof in Christus, en nie op grond van die uitvoering van die wet nie; omdat geen mens op grond van die uitvoering van die wet geregverdig sal word nie”.

6. Daaglikse bekering – elke dag terug na God se Woord

Kom ek neem jou nou weer terug na die begin van hierdie post – na twee verbondsouers wat voor die kansel in die teenwoordigheid van die gemeente en voor die Heilige God met betrekking tot die doopsformulier op vrae antwoord. Sien dit in jou geestesoog. Sien dit as antitese of teenpool vir die sinkretisme en die moralisme, maar ook as ‘n korrektief met die onderliggende beginsel van die volharding van die gelowiges. Dis waar ons moet begin, elke dag by moet begin – by die Here, by sy Woord en om Hom meer en meer en beter te leer ken en Hom te dien. Dis reformatoriese en besinnende denke! In die konteks van die sinkretisme, moet ons besef dat ons elke dag ons heil by God moet en kan vind. Soveel ouers (wêreldwyd) is deur die sinkretisme meegesleur sonder dat hulle dit besef. Daarom is dit amper nodig, om dit so uit te druk, om weer van voor af te evangeliseer en ouers op te roep tot gehoorsaamheid.

Dis in hierdie konteks waar ons twee ouers (as antitese vir die sinkretisme) sien, gedring deur die Heilige Gees, wat graag in die kerk en in die samekoms van gelowiges God rondom sy Woord wil ontmoet en met Hom wil vergader. Ons sien twee ouers wat as’t ware hulle kindjie buigend en in aanbidding voor God kom neerlê met die ingesteldheid dat hulle ten volle hulle afhanklikheid van God besef en hulle identiteit in Jesus Christus soek. Daarom doen hulle dit nie uit gewoonte nie. Hierdie ouers het nie maar net ‘n kerk/gemeente gesoek om die gewoonte van doop gestand te doen nie. Ons sien verder ‘n pa en ma wat hulle tekortkominge besef en weet dat hulle alleen in God se lig die lig kan sien. Dat hulle alleen in God se lig hulle kindjie sal kan onderrig en leer en laat onderrig en leer. Waarvan is so ‘n ouerpaar ook seker?

  • Die opdrag om ons kinders te onderrig en te laat onderrig is ‘n reaksie en daad en onderneming gerig op dankbaarheid teenoor God; juis op grond van die verbondsouers se belydenis dat hulle alleen in en deur Jesus Christus saligheid verkry het;
  • Die verbondsouers bring hulle kindjie om sodoende God te eer en te verheerlik. Hulle wil dat hulle kindjie deur opvoeding en onderwys die volgende leer: “Man’s chief end is to glorify God, and to enjoy him forever.” (Westminster Shorter Catechism)
  • Hulle kom en bring hulle kindjie wat hulle van God ontvang het as teken van hulle gehoorsaamheid teenoor God;
  • Hulle erken die waarheid dat hulle nie hulle verbondskind wat hulle van God ontvang het van Hom kan weerhou nie;
  • Hulle kom en bring hulle kindjie in die lig van die blye nuus en boodskap van die Evangelie van Christus;
  • Hulle kom en bring hulle kindjie omdat hulleself die Evangelie boodskap ken en bely;
  • Hulle wil dan ook dat hul in sonde-ontvang-en-gebore kindjie van kleins af aan die evangelie boodskap blootgestel word soos dit ook uit die Bybel as onveranderlike waarheid tot uitdrukking kom en telkens bevestig word, soos in 1 Korintiers 15:1-6, en dan veral die woorde vanaf vers 3: 3 Want die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte; 5 en Hy het aan Sefas verskyn, en toe aan die twaalf. 6 Daarna het Hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, van wie die meeste nou nog leef, maar sommige al ontslaap het”.
  • Hulle is onder die diepe besef dat hulle en hulle kindjie alleen deur die enigste Verlosser, Jesus Christus met God versoen kan word;
  • Hulle wil dat hulle kindjie deel van die kerk van Christus en sy geloofsgemeenskap moet wees;
  • Hulle wil dat hulle kindjie ook deel moet wees van die liggaam van Christus waar sy/haar Godgegewe gawes ontwikkel en tot God se eer aangewend kan word;
  • Die verbondsouers kom tot die besef van hulle totale afhanklikheid van God Drie-Enig.
  • Die verbondsouers kom ook met die wete dat die opdrag, wat hulle van God ontvang, ‘n opdrag is wat na buite implikasies het – om met onverskrokkenheid uit te gaan en te vertel van die Blye Boodskap van Goeie Nuus en dit te lewe, ongeag die teenstand van en uit die wêreld, of die indoktrinasie van die wêreld. ‘n Kindjie – ‘n Koningskind uit so ‘n verbondsverhouding is geseënd!
  • Verbondsouers bring hulle kindjie met die wete dat die doop ʼn teken of ʼn beeld is van die verlossing en die ontvangs van die koninkryk, waardeur ons geleer word hoe ons die koninkryk ingaan. As die kindertjies die werklikheid waar die doop na wys, kan ontvang, waarom nie ook die teken nie? Die ouers glo dat hulle wat die werklikheid kan ontvang en inderdaad ontvang, die teken moet ontvang. In die genadeverbond word die saligheid aan ‘n kindjie én aan die ouers belowe;
  • Getroue verbondsouers is wel bewus dat Jesus gesê het dat niemand die koninkryk ontvang anders as wat die kindertjies dit ontvang nie; dit wil sê, passief, sonder kennis en net deur die krag van die genade. Om die koninkryk soos ʼn kindjie te ontvang, beteken dus om dit sonder werke te ontvang – sonder enige inspanning van ons kant;
  • Dus: Jesus leer ons verbondsouers en verbondskinders deur die prediking en werking van die Heilige Gees dat daar net een manier is om die koninkryk te ontvang – soos ʼn klein kindjie. Ook, as ons dit nie op daardie manier ontvang het nie, het ons dit glad nie ontvang nie.

Maar, sou jy dalk sê, bostaande prentjie van twee verbondsouers met hulle kindjie, klink te goed om waar te wees. Of, jy sou verder kon sê dat dit nie so maklik is nie, of dat dit doodgewoon nie die realiteit is nie. Nou ja, die idee is nie om te sê dat alles maanskyn en rose is nie; allermins. En verseker gaan daar na die Sondag van die doop en na verskeie moeilike nagte met die kindjie se slaapskedule in moegheid en moedeloosheid verval kan word. Soveel so, dat sommige ouers begin twyfel of ‘n erediens bygewoon moet word, want die vorige Sondag se preek kan glad nie onthou word nie. Is dit die moeite werd, sou gedink en gesê kon word. Die uitgangspunte hier is verkeerd. Die fokus, teen die agtergrond van ons ongemak en worsteling, moet reg wees. Die fokus moet op Jesus Christus wees – Christus-gesentreerde denke – nie op my eie persoonliike omstandighede, wat vir my werk of nie werk nie, wat vir my belangrik is nie en hoe ek dit vir my gemaklik kan inrig nie. Dit gaan oor getrou wees aan God se Woord en opdrag waarop “Ja” geantwoord is – in alle omstandighede, soos Habakuk 3:17-18 dit stel: “17 Al sou vyebome nie bot nie, daar geen opbrengs aan die wingerdstokke wees nie, die drag van die olyfbome teleurstel, die landerye niks te ete lewer nie, kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle oor wees nie; 18 nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in die God wat my verlos”. Jy sien, wanneer ons die fokus van Jesus Christus wegneem of nie Christus-gesentreerd dink en doen nie, begin ons toelaat dat persoonlike omstandighede ons fokus bepaal – ons raak deel van ‘n wêreld wat onder andere deur die sinkretisme en ander verwante uitgangspunte bepaal word.

Ten slotte: Dis baie duidelik. Elke verbondsouerpaar moet hulle kinders soos hulle opgroei, onderrig en laat onderrig – dit alles te midde van die sinkretisme wat elke faset van die lewe betrek en wil betrek. Ek het in hierdie post wyd gegaan en op grond van die erns van die saak gepoog om die gevare van die sinkretisme aan te toon. Waarteen stuit die sinkretisme? Alleen teen die suiwere Woord van God. Ons en ons kinders moet dit van meet af met ‘n sagte hart en in liefde verkondig en bely, gelei deur die Heilige Gees met Bybeltekste soos:

  • Handelinge 4:12: “Daar is ook deur niemand anders verlossing nie, en daar is geen ander naam onder die hemel aan mense gegee waardeur ons verlos kan word nie”.
  • Johannes 14:6: “Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”.

Ek hoop ek kon jou aan die dink sit. In die laaste instansie wil ek elke Christen ouerhuis met die volgende woorde van Johannes Calvyn opskerp. Ek glo dat hy die sinkretisme en die agente daarvan deur middel van ‘n reformatoriese denkraamwerk antiteties beskryf. Ek glo dit kan net so ook op die onderwys van toepassing gemaak word:

“Daar moet ‘n vaste reël wees, sodat God nie op ‘n verkeerde wyse gedien word nie. Anders sal die godsdiens deur dwalinge te gronde gerig word. Om sy reg op te eis, sê God dat Hy ‘n jaloerse God is en ‘n Wreker sal wees as Hy met die afgod op een lyn [sinkretisties – BBA] gestel word. … Ons moet dus vashou daaraan dat God van sy eer beroof word en sy diens geskend word as nie aan Hom alleen toegebring word wat Hom toekom nie. Ons moet ook let op die listige wyse waarop die bygeloof te werk gaan. Dit stel God nie op een lyn met ander gode nie maar omring Hom met ‘n skaar van mindere gode aan wie dit die werke toeskryf wat God alleen doen. So word die eer van God aan stukke geskeur. … So word die majesteit van God verdonker en word ons verlei om verskillende gode na te volg” (Johannes Calvyn, Institusie van die Christelike godsdiens. Boek 1, 1984).

Tot ‘n volgende keer, seënwense!

ADDENDUM:

“Offence of hate crime

  1. (1) A hate crime is an offence recognised under any law, the commission of which by a person is motivated by that person’s prejudice or intolerance towards the victim of the crime in question because of one or more of the following characteristics or perceived characteristics of the victim or his or her family member or the victim’s association with, or support for, a group of persons who share the said characteristics:
    (a) age;
    (b) albinism;
    (c) birth;
    (d) colour;
    (e) culture;
    (f) disability;
    (g) ethnic or social origin;
    (h) gender or gender identity;
    (i) HIV status;
    (j) language;
    (k) nationality, migrant or refugee status;
    (l) occupation or trade;
    (m) political affiliation or conviction;
    (n) race;
    (o) religion;
    (p) sex, which includes intersex; or
    (q) sexual orientation.” (Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill, 20 Maart 2018)

Lewer kommentaar